Die span kort na hul oorwinning. Foto: Verskaf
Die Hoërskool Grens se netbal floreer en is vanjaar weereens ‘n span om mee rekening te hou.
Tydens ‘n onlangse uitspeeltoernooi om die Oos-Kaap-wenner te bepaal, het Grens skoonskip gemaak deur al die ander Oos-Kaap streekwenners te klop.
Grens het teen Framesby 17-15, Nico Malan 16-14 en Middelburg 32-12 gewen om die gesogte title te verower. Grens gaan dus die Oos-Kaap by die nasionale byeenkoms verteenwoordig.
Boonop het Grens vanjaar 11 netbalspelers wat in die onderskeie Oos-Kaap provinsiale spanne opgeneem is. Die drie o.19-, vier o.17- en vier o.15-spelers in Oos-Kaap spanne getuig van Grens se diepte en ‘n belowende toekoms.