'Flame'-skerp: Is jy 'n bleeksiel of die 'cool cat'?

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Aldu Duminy

Al ooit gedink daar is 'n kliek vir al die klieks?

Een waar daar genoeg donkerte en metal-musiek vir die goths is? Ja, daar is selfs genoeg plek vir die jocks se ego's en die beste van alles is . . . in 'n klein, beknopte locker is daar nou 'n wegkruipplek vir die bleeksiele. Oukei, dis nie altyd die locker nie, soms word daar vir hulle 'n gaatjie oopgehou in die asblik of so.

In elke groep is 'n gaatjie vir elkeen. Jy weet goed waar jy inpas en met watter kliek jy click.
Ja, daar is nog onderafdelings, soos emo-kinders, skindergroepies, Voortrekkerkampers en sommer maar net die plein weird mense.

In baie uitsonderlike gevalle is daar ook normale, gebalanseerde kinders.
En heel onderaan hierdie lysie kry ons die bleeksiele. Boeke. Brille. Baadjies (met balkies).

Wat gebeur as die hoërskoolhekke ná twaalf jaar toeskuif en hierdie kliek uit-kliek en opbreek? Wat dan?
Ek dink almal weet dat dié wat eers onder was op die lysie (die bleeksiele), skielik bo is.
Wat nou? Wat as jy die een was wat die bleeksiel se toebroodjie, wat sy mamma spesiaal gemaak het, gevat het?

Of as jy die een was wat hom uit die badkamer gesluit het - totdat die trane begin loop het?
Die ding is: Jy sal eendag aansoek doen vir werk en die kanse is goed dat die bleeksiel sal moet besluit of jy in die pos aangestel word, al dan nie.

Sal jou heerlike verlede 'n onaangename toekoms skep? Dat die bleeksiel jou toebroodjie uit die kosblik sal haal?
Wat as die bleeksiel by jou verby kyk met die aanstelling?
Wat as die bleeksiel jou uitsluit (uit die pos) soos jy hóm uit die badkamer gesluit het?

Ek sê nie "wees met almal vriende en deel pouses mekaar se toebroodjies en melkies" nie. Nee, dit sal die einde beteken.
Die goth-aanhangers sal selfmoord wil pleeg as die Voortrekkers oor die "haak-en-skuifknoop" praat. Die jocks stel nie belang in Pitagoras nie en die plastics sal nie groener leef nie.

Wees vriendelik met die bleeksiel.
Groet hom, gesels met die arme kind, komplimenteer hom oor sy kantpaadjie.
Moet nou net nie die bleeksiel as jou nuwe beste pel aanskaf nie. Asseblief.
Dan is die stelsel se balans heeltemal versteur, en wie sal dan Albert Einstein se bril dra?

Kyk op en glimlag vir die bleeksiel.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar