Ja - dit het toe aangebreek. Die profete wat gereken het Suid-Afrika sal NOOIT so iets kan aanbied nie: kyk gerus enige van die 24 uur van die 7 dae per week op SuperSport, dan sal jy sien dit is nou amptelik hier.
Dis die sokker.
Of nee wag - die wêreld se gewildste sport se wêreldbekertoernooi is nou hier tans besig om plaas te vind in Suid-Afrika. En jy kan dit inderdaad "fiel".
As jy nou nog in een van die gasheerstede woonagtig is, kan jy dit moontlik ook hoor. Die Vuvuzela mag jou ore miskien bietjie meer beskadig as 'n kettingsaag, maar met Eskom weet ek nie of die hele pawiljoen genoeg elektrisiteit sou hê as elke toeskouer 'n kettingsaag gebring het nie. En kan jy jou indink hoe swaar sou jy gedra het aan hierdie beter en gesonder alternatief?
Ag nee wat, 'n vuvuzela is ‘n veel beter, gemakliker, ligter en mooier opsie. Net soos dit net die arm mense is wat sê geld koop nie geluk nie, so is dit ook net die wat nog nie 'n vuvuzela geblaas het nie wat daaroor kla.
Ek het amptelik my sokkerkaartjie aangeskaf, my vuvuzela afgestof en natuurlik het ek my Bafana Bafana trui in my kas. Ja - vanaf Suid-Afrika in 2004 die bod gekry het is YouTube nie die enigste ontwikkeling wat plaas gevind het tot nou nie.
Nee, Suid-Afrika spog met opgegradeerde lughawens wat op wêreldstandaard is, paaie wat lyk soos 'n aanloopbane met al die liggies en natuurlik die mooiste stadions in die hele wêreld. Die 11e Julie mag die toernooi miskien verby wees, maar hierdie dinge is vir ewig hier in Suid-Afrika om gebruik te word. Die herhinneringe gaan diegene wat deel van die fees was ook natuurlik ewig by bly. Maak seker jy kan sê: "I was there!".