Facebook sê nee vir knoppie teen pedofiele

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie
Foto: Reuters/ Durham Police Handout

Ten spyte van verskriklike druk in Brittanje het Facebook gister volstrek geweier om 'n paniekknoppie op die webwerf te sit om tieners teen pedofiele te beskerm.

Facebook is hierna daarvan beskuldig dat hy so kinders in gevaar stel.

Die debat spruit uit 'n voorval waarin 17-jarige Ashleigh Hall vermoor is deur 'n beweerde reeksverkragter wat glo deur die polisie ten tye van die voorval ondersoek is. Peter Chapman het na verneem word vir Ashleigh op Facebook bevriend onder 'n valse identiteit. Hy het onder meer 'n foto van 'n aantreklike jong man op sy profiel geplaas en voorgehou dat hy in Ashleigh belangstel.

Facebook meen hulle het reeds 'n soortgelyke funksie ("Report this person") wat as 'n veiligheidsmaatreël dien.

Die vermoorde Ashleigh se ma, Andrea, het ook haar stem bygesit en gesê sosiale netwerke soos Facebook kan nooit genoeg doen om tieners te beskerm nie. In Brittanje alleen is daar sowat 5 miljoen tiener-gebruikers van Facebook.

Die paniekknoppie, wat onder meer op MSN Messenger en Bebo gebruik word, laat kinders wat dink hulle word deur 'n aanlyn-pedofiel geteiken, toe om onmiddellik kenners van hul vrese in te lig en raad te kry oor wat hulle moet doen. Hul klagtes kan ook dan deur die polisie ondersoek word.

Lees die volledige berig hier.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar