Ellen groet American Idol

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Ai, Ellen, ons gaan jou mis...Foto: Reuters

Na slegs een seisoen as 'n beoordelaar op American Idol het die skreeusnaakse Ellen DeGeneres besluit om te groet.

Reuters berig DeGeneres meen dit het net nie reg "gepas" nie. Sy het glo gesê dat sy nie die werklading kan hanteer nie en ook nie daarvan hou om deelnemers se gevoelens seer te maak nie.


Ellen verlaat die program kort op die hakke van Simon Cowell. Dit los die program met net twee beoordelaars – Randy Jackson en Kara DioGuardi. Oudisies vir die volgende program begin reeds in September.

Intussen is daar talle gerugte oor wie die nuwe beoordelaars kan wees. Name wat al in die pot gegooi is, sluit in Jessica Simpson, Justin Timberlake, Chris Isaak en Elton John.


Sien ook:
Ellen 'n grapjas op American Idol
Jessica Simpson op American Idol?

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar