Elegie vir 'n skoolloopbaan – opgedra aan Helpmekaar Kollege

  • 5
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Emma Stander

Papiere ritsel, penne klap en die reuk van eksamensweet hang soos ‘n klam bedompige kombers hoog in die lug.

Matriekeindeksamen staar my in die gesig soos grimm-reaper,maar tog vat ek dit met altwee hande aan (met die wete dat als amper verby is).

Ek het skool gehaat. Dit was ‘n las, soos die skooltas op my rug, Vir twaalf jaar het ek vir hierdie oomblik gewag; die oomblik wat ek met my lewe kan begin. En nou wanneer ek uiteindelik by die einde van my skoolloopbaan-tonnel staan, besef ek; dit was my lewe.

Dit is hier tussen die vaal gange, hout banke en blou jakaranda bloeisels waar ek my menswees ontdek het. Dit is hier, by my klein spogskool op die bult, waar vriendskappe gevorm het, mense lief geraak het en ek selfs vriende aan engele oorgegee het.

Ek het besef dat ‘n skool nie net die gebou is nie, maar die kinders, onderwysers en administratiewe personeel wat dit karakter gee.

Die herrineringe van eindelose lange saalopeninge, aaklige anglisismes en woedende onnies het my hart gevul met wonderlike momente wat ek nooit sal vergeet. My onderhoof wat nooit iemand wou embarriseer en my geskiedenis onderwyser wat konstant met sy hande in sy hare was as gevolg van my. En my afrikaanse onderwyseres wat my altyd aangemoedig het om aan te hou skryf.

Ek skryf vandag die laaste hoërskooleksamen van my lewe. Ek weet nie of ek verlig moet wees en of ek net moet huil nie. Dit laat my terug dink aan die laaste dag van gr.3. My juffrou het die skool verlaat, ek was so bly dat ek uiteindelik nie meer ‘n junior is nie, maar die trane het vir ‘n volle dag gevloei soos ek afskeid van my juffrou moes neem.

My beste vriend, Eugene, het my, by valentynsbal gebel. "Geniet dit soveel as wat jy kan, want ek belowe jou, jy gaan dit mis". Ek mis al klaar hoërskool, ek het dit begin mis die oomblik wat ek nie meer deur die gange hoef te gestoei het nie, nie meer my gom-stink basher hoef te gedra het nie en nie meer hoef op te staan vir my senior nie.

Aan die van julle wat nog nie hierdie mylpaal in jou lewe bereik het nie, wat die wyse woorde van my vriend, geniet dit terwyl jy kan, want ek belowe jou, jy gaan dit mis.

"En dit sal seer wees liewe skool/ so seer soos die skoolbaadjie/ wat ek vandag/ soos ‘n lewende se vel/ van my lyf afslag." - Elegie vir ‘n skoolloopbaan - Ansa van der Walt
Irma Stander, vir die laaste keer van Helpmekaar Kollege.

Gebruikers Kommentaar (2)

  • Nettie
    6 months ago
    Hey ekt gewonder of jy nie die hele gedig vir my het nie. Dis net te mooi, ons het dit behandel toe ek gr.12 was en dit bring soveel goeie herinneringe terug.

  • 17 months ago
    dit is die waarheid
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar