"Ek's anders": Gay-tiener-wees

  • 100
    like dit
  • 84
    like dit nie

Om ’n tiener te wees is nogal moeilik, veral met hormone en emosies wat die heeltyd partytjie hou in jou lyf. Vir sommige tieners is dié tyd van hulle lewe selfs nog moeiliker, omdat hulle agterkom hulle seksuele gevoelens is ‘anders’ as hul vriende s’n. RIËTTE GROBLER het met kenners gesels oor gay-tiener-wees.

Hormone laat alle tieners se emosies wipplank ry en dit beteken álle tieners, gay of straight, het dieselfde soort ervarings as dit by seksuele ontwaking kom, sê die seksuele gesondheidsvoorligtersuster Ruth Loubser.

Dit beteken ook alle tieners het feite en inligting nodig om sin te maak van wat met hulle gebeur.

Groot fisieke veranderinge; die ontwaking van seksuele gevoelens; veranderende vriendskappe en die behoefte om in te pas by jou portuurgroep is drie groot faktore as dit by die vorming van tieners se seksuele identiteit kom, sê sy.

"Die meeste tieners pas maklik by dié dinge aan, maar as tieners ‘anders' voel as hul klasmaats oor wat met hulle gebeur, kan hulle angstig raak oor hul seksuele identiteit," sê sy.

As jy 'n seun is, begin die ander ouens in jou groep dalk praat oor meisies, terwyl jý dalk besef jy het gevoelens vir een van jou seuns-vriende.

"Dit laat tieners wonder: Wie is ek en waarom voel ek anders? Sal ek aanvaar of verwerp word? Waar sal ek aanvaarding vind?"

Naudé van der Merwe
, wat in gr.11 vir 'n vriendin vertel het hy is gay en ná skool vir sy ouers gesê het, vertel dit het aanvanklik vir hom gevoel dis onmoontlik om met iemand te praat.
Die een goeie vriendin wat hy op skool vertel het, het hom egter deur dik en dun ondersteun en toe hy ná skool sy ouers vertel het, was hulle ook ondersteunend.

"Ek dink dat as jy op skool nie reg is om dit vir die hele wêreld uit te blaker nie, is dit goed om 'n vriend of vriendin te kry wat jy kan vertrou," sê hy.

Cornél de Lange is in matriek in 'n Gautengse skool.
Hy sê die gesonde mentorskap en Christelike grondslag wat hy by Die Kapel, 'n kerk vir gay mense in Melville, Johannesburg, gekry het, het hom baie gehelp om sin te maak van sy lewe.

"Maak seker jy beweeg in die regte kringe en leer die regte gewoontes aan," sê hy. "Die gay lewe hoef nie 'n promiskue, donker ding te wees nie."

Interne konflik en skaamte

Omdat die samelewing 'n spesifieke prentjie voorhou as die "regte" een, is dit vir tieners wat van hul homoseksualiteit bewus begin raak, soms baie moeilik om daarmee vrede te maak, sê Philip Liebenberg, pastoor van Die Kapel-kerk in Johannesburg.
Hy kry dikwels e-pos van tieners wat sê hul pa gaan hulle doodmaak as hulle verneem die seuns is gay.

Delene van Dyk, 'n berader by OUT, die ondersteuningsorganisasie vir gay, lesbiese, bi- en transseksuele mense, voeg by: "As 'n gesagsfiguur soos 'n ouer vir die kind vertel gay-wees is verkeerd, of dat gay mense gestraf gaan word vir hul dade, gaan kinders wat homoseksuele gevoelens ervaar, aanvanklik - en dalk vir altyd - aan hulself twyfel."

Kevin Boshoff was eers op 20 daarmee gemaklik om mense te vertel hy is gay. "Wat vir my baie moeilik was, was dat ek gedink het daar is iets fout met my, asof ek 'n mislukking was," sê hy.

Volgens Liebenberg gaan 'n geheim oor jou seksualiteit met vrees en isolasie gepaard.
Hy waarsku ouers om nie hul gay kinders te probeer verander nie. "Jy gaan 'n gemors maak van 'n gay kind as jy hom of haar probeer verander. "

Om vir mense te sê
Een van die grootste kwessies waarmee jong gay-mense worstel, is om vir ander mense te vertel, sê Van Dyk. Dan moet hulle ook nog besluit wie hulle met die inligting gaan vertrou.

Van Dyk sê die impak van "uitkom" hang af van 'n paar faktore: die manier waarop jy grootgemaak is; jou geloofsoortuigings, dié van jou ouers en jou ouers se ingesteldheid.
"Party mense kom nooit uit nie en dit is hartseer.

Maar al wil ons hê mense moet trots wees op hul seksualiteit, wil ons ook nie hê hulle moet op seepbokse klim en hul vuiste swaai as hulle nog nie daarvoor gereed is nie.
As tieners nog nie 18 is nie, is hulle steeds van hul ouers afhanklik," sê sy.

Mense se omstandighede verskil en daar is nie net een manier om die mense vir wie jy lief is te sê jy is gay nie, sê Liebenberg.

"Wanneer jy so iets probeer wegsteek verwag jy die slegste van mense, maar ek was al 'n paar keer verras oor hoe mense die situasie hanteer," sê Ryno Ellis, wat op 16 vir sy ma en beste vriendin vertel het hy is gay. Hy was egter eers op 19 gemaklik om vir ander mense te vertel.
Wanneer jy persoonlike inligting soos dié met mense wil deel, sê Liebenberg jy moet 'n paar dinge in gedagte hou:
* Jy moet absolute vrede met jou seksuele oriëntasie hê.
* Jy moet 'n veilige en betroubare vangnet hê.
* Jy moet iemand vertel wat "veilig" is. Iemand wat jy vertrou en wat jou baie lief het, omdat jy 'n kans waag deur hulle te sê.


Wat is wat?
Heteroseksueel: As jy emosioneel en seksueel aangetrokke voel tot mense van die teenoorgestelde geslag ('n meisie wat van ouens hou, of 'n ou wat van meisies hou).
Homoseksueel: Wanneer jy seksueel en emosioneel aangetrokke voel tot mense van dieselfde geslag. Dit is gay mans en lesbiese vroue.
Bron: www.out.org.za.

Met wie kan ek praat?
As daar dinge is waaroor jy twyfel, of as jy iemand nodig het om mee te gesels, kan jy by onder meer dié plekke aanklop vir hulp.
OUT: Dié organisasie sonder winsbejag se webwerf, www.­out.org.za, bevat talle interessante en insiggewende brosjures. Jy kan hulle ook bel by 0860 688 688. Daar is altyd 'n berader aan diens en hulle kan jou selfs terugbel.
 Die Kapel: Al is die kerk in Johannesburg, kan jy e-pos stuur aan pastoor Philip Liebenberg by philipl@vodamail.co.za, of besoek hul webwerf, www.thechapel.ws.

Daar is talle ander hulpbronne op die internet en jy kan ook by jou skool se sielkundige aanklop.

Gebruikers Kommentaar (306)

  • gay=straight
    7 days ago
    Veral in vandag se wêreld is gay-wees regtig nie meer so moeilik nie.
    In groot stede behoort kinders nie meer bang te wees nie. Dis nie so erg nie. Dis 'n tipe lewe. En ja, gay mense is normale mense.

    'n Groot rede hoekom homofobie bestaan is omdat ons in SA deur die oorheerslike kerke geleer word "DIT is reg" en "DIT is verkeerd"... Wie sê die kerk is reg? Geloof is 'n mensgemaakte ding - dit kan nie vir jou sê wat reg en verkeerd is nie.

    vir mense wat jou nie aanvaar nie... Wel fok hulle in elk geval.

  • 2 months ago
    Ek is 24 jaar oud en gay. Ek het die afgelope week vriende verloor oor ek gay is.
    My ma hulle weet nie ek is gay nie en ek is bang daarvoor wat hulle reaksie gaan wees.
    Danksy gay vriende is ek weer kalm en weet ek hulle is altyd daar
  • Gerrie
    2 months ago
    Kom ek se vir julle dat n man het vroulikke hormone en man likke hormone en op piepertyd kom dit water hor moon kom die sterkste deur en ek weet al van 13 jaar af dat daar iets nie reg was nie,maar kon dit met nie mand bespreek want het dit ook nie verstaan nie.Het later met my ouers gepraat ,ek is toe met n vroe getroud wat dit geweet het maar na 17 jaar van hel het dit nie gewerk nie.En het die vrou hormone gewen.En hier het ek uit gevind die mans wat so stryt is wat met klipe wil gooi weet julle vrouens was is julle deur die dag ja BY ADAld WORLD vir wat ja om seks te kan he met n man en dan gaan slaap jy weer met jou vrou vanaand.En more sit jy weer in die kerk en wil jy ons GAY oor deel so kyk eers wat julle doen
  • Johan
    2 months ago
    Ek is 'n seun en man van God. Die antwoord is so maklik....

    Jesus het die Heilige Gees vir ons agtergelaat sodat die ons kan lei... Maak nie saak wat jy dink of glo nie, weet dat die stem in jou agterkop wat jou van sonde oortuig die Heilige Gees is..... Luister na die stem en doen wat vir jou gese word.... as jy dink iets is dalk sonde is jy 100% reg.... le dit voor God se voete en hy sal jou vergewe.... Hy het immers gese dat dit is nie sy wil dan enigeen verlore mag gaan nie maar die ewige lewe moet he...

    En die van ons wat so maklik oordeel..... onthou sonde is sonde en "... hoe lyk dit in jou glashuis...?"

  • 2 months ago
    Ek dink homofoob het a fantasy wat hy nie wil erken nie...
Bladsy 1 van 62
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar