Eet jy om beter te voel?

  • 8
    like dit
  • 3
    like dit nie
Eet jy soms om beter te voel?

Is eet, eet, eet al waaraan jy kan dink, selfs al is jy nie honger nie? Voel jy skuldig as jy jou ooreet, maar sukkel jy om op te hou? Binge eating is nie altyd skadeloos nie, skryf Henali Kuit.


Elke nou en dan is trooskos nét die ding.
Want wat is nou beter as om 'n bak vol roomys langs die swembad te lê en verslind, of om jou sorge in 'n pakkie slaptjips te verdrink?
Dis heeltemal normaal om elke nou en dan 'n hele bak poeding op te eet as jy stres oor 'n toets, dalk af voel of sommer net lus het.
Maar as jy jou gereeld ooreet en skuldig of obsessief raak oor kos, én as jou eetgewoontes jou verhoudings, skool en sosiale lewe beïnvloed, moet die gevaarligte flikker. 'n Mens hoor nie so baie van die ­binge eating-steurnis, of vreetbuissteurnis, soos van ander eetsteurnisse nie, maar dis net so gevaarlik.


‘Maar ek kan glad nie ophou eet nie'
Adriaan se kamer is sy toevlugsoord.
Dis 'n tipiese tienerkamer waar hy musiek kan luister en games kan speel.
Behalwe dat daar nou al maande lank 'n wegsteekplek onder sy bed is waar hy sy snacks bêre en die leë lekkergoedpapiertjies versteek.
Adriaan het nou net 'n hele pakkie mariebeskuitjies én 'n bak tjips  geëet en sy huiswerk is nog nie eens klaar nie.
Hy soek na nóg koekies om teeet.
Hy is oorgewig en hy haat dit en hy wéét hy gaan oor 'n rukkie baie skuldigvoel en vir homself gril.
Maar dit voel asof hy nie kan ophou eet nie, want as hy dit doen, gaan hy daaraan dink dat hy weer môre alleen moet wees tydens pouse en dat hy niemand gaan hê om mee te praat nie.
(Dié ‘storie' is saamgestel uit 'n onderhoud met Titus* [skuilnaam], 'n lid van Over Eaters Anonymous in Johannesburg, en uit 'n
artikel wat oorspronklik op die webwerf www.­kidshealth.org gepubliseer is.)


Wat is die oorsake?
Soos met anoreksie of bulimie kan iemand weens verskeie redes aan ooreetsteurnis ly.
Dit kan emosionele en sielkundige oorsake insluit, want mense ooreet hulle dikwels om issues in hul lewe te probeer hanteer of weg te dink. 'n Lae selfbeeld en swak selfvertroue dra hiertoe by. Volgens Titus, 'n lid van Over Eaters Anonymous, het hy as kind begin om obsessief te eet omdat sy ouers controlling was en hy geboelie is op skool. Hy sê hy het altyd piepklein gevoel en daarom al hoe meer geëet.
Kos kan dus gebruik (en misbruik) word om gevoelens te onderdruk, omdat dit nes alkohol of dwelms 'n produk is waarmee mense hul emosionele probleme wil probeer oplos.
In ander gevalle eet mense te veel omdat hulle brein nie die boodskap kan uitstuur dat hulle versadig is nie.


Rooi ligte



  • Jy ooreet meer as twee keer per week, ten minste ses maande aaneen.

  • Jy tel baie gewig op en al pla dit jou, ooreet jy steeds.

  • Jy eet wanneer jy nie honger is nie.

  • Jy is obsessief oor kos.

  • Jy eet gereeld totdat jy naar en volgeprop voel.

  • Jy eet soms ure lank aaneen.

  • Jy eet baie vinnig.

  • Kos laat jou skaam voel, selfs al eet jy 'n gewone maaltyd saam met jou gesin, en daarom vermy jy sulke sosiale etes.

  • Jy voel skuldig oor eet.

  • Jy eet veral wanneer jy eensaam of depressief voel.



Gevolge
Anders as met anoreksie, raak mense wat ooreet, nie ontslae van die kos wat hulle eet nie. Daarom tel hulle baie gewig
op.
Dit beteken die sindroom hou gesondheidsrisiko's, soos diabetes, galstene, hoë cholesterol, hoë bloeddruk en gewrig- en spierpyn in.


Wat nou?



  • Erken jou kosverslawing en praat oor jou emosies. Daar is baie mense wat kan help.

  • Kry professionele hulp, soos terapie. Besoek www.recoveryspace.org, 'n webwerf wat ondersteuning bied aan mense wat aan eetsteurnisse ly en waar jy inligting kan kry van sielkundiges wat jou kan help.

  • Jy kan jou ook aansluit by Overeaters Anonymous. Soek 'n groep in jou gebied op die webwerf www.oa.org.

  • 'n Dieet is nie die oplossing vir binge eating nie. Dit maak jou meestal net nog verder lus om te eet.

  • Leer om te onderskei tussen honger en lus.

  • Verander jou dieet stelselmatig.

  • Eet eerder drie hoofmaaltye met drie gesonde peuselhappies.

  • Moenie tou opgooi as jy 'n terugslag het nie. Dit gebeur.



Dié kenners het met ‘JIP' gesels:
Marthie Leach van Litchi Living-dieetkundiges, Pretoria; Althea Sherry, sielkundige en mede-­stigter van www.recoveryspace.org;
Despina Learmonth, sielkunde-dosent aan die Universiteit van Kaapstad wat in eetsteurnisse spesialiseer en Patrick Main, 'n psigiater by die Oasis-behandelingsentrum in Plettenbergbaai.


 


 

Gebruikers Kommentaar (15)

  • Oom Koos
    14 days ago
    My vriend was verslaaf aan herione en het opgehou by homself. So moenie vir my k-- vertel en se jy kan nie jouself beheer en nee se vir kos nie. As n f----n blief. (Response edited by JIP)

  • 21 days ago
    Sure ou Stef, no problem my ou!

    Cheers!

  • 23 days ago
    Ek is 'n vrou van 52 en ooreet myself en kan dit nie beheer as dit by kos kom nie.Ek versorg myself baie goed, want dit laat my goed voel oor myself. Ek het al verskeie dieëte gevolg maar sonder sukses. Tydens die dieët verloor ek baie gewig en tel dit net weer op as ek ophou. Ek het depressie en verskeie medikasie daarvoor. Van die medikasie dra ook by tot die eetlus. Mense wat nie depressie of die eetlusversteuring het nie, het nie 'n idee van hoe dit is en voel nie.
  • Stef
    23 days ago
    As n taal puris is dit skokkend om te lees hoe julle Afrikaans verkrag met die Engelse insetsels.
    Praat dan liewer suiwer Engels in plaas daarvan om Afrikaans so op te mors!

  • S Amerse
    23 days ago
    Sy's nice .... Lyk eerder of sy iets anders ge-eet het.....
Bladsy 1 van 3
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar