Eerste wenner van ‘SA’s Got Talent’ word vandeesweek aangekondig

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Steyn du Toit

SA's Got Talent
Kan jy glo dit is amper tyd om die wenner van die eerste reeks van SA's Got Talent aan te kondig?
Van vanaand af tot Woensdagaand is daar live shows waar die Top-21 stelselmatig verminder gaan word tot slegs ses deelnemers! Dan, op Donderdagaand, is dit die eindronde - die oomblik waarvoor almal gewag het!
Wanneer: SABC2, daagliks om 19:30.

Big Bang Theory
Leonard en Sheldon, hoewel hulle albei briljant is, is maar twee bleeksiele en totaal hopeloos wanneer dit by meisies kom. Die feit dat daar 'n baie aantreklike blondine reg langs hulle bly, help natuurlik om hierdie komedie nog snaakser te maak.
Wanneer: SABC3, Dinsdae om 19:30, vanaf die 17de.


Heroes
As jy 'n superpower kon hê, wat sou dit wees? Self sou ek graag wou vlieg of mense se gedagtes lees. In die derde seisoen van Heroes sien ons onder meer hoe Sylar sy verlore kragte terugkry en hoe 'n hele klomp báie slegte ouens uit 'n spesiale tronk ontsnap . . .
Wanneer: SABC3, Maandae tot Woensdae om 21:00, vanaf die 18de.


Solitary
Hierdie is die derde reeks van dié baie gewilde realiteitsreeks waar deelnemers mekaar nooit sien nie. Elkeen word vir 'n paar dae in 'n spesiale kamer toegesluit met net 'n rekenaarstem as kontak met die buitewêreld. Die een wat die langste uithou, wen!
Wanneer: Animax, Maandae en Woensdae om 19:00, vanaf die 16de.


Ninja Warrior
Nog 'n realiteitsreeks - deelnemers word getoets in alle aspekte van fisieke krag en die wenner kry die titel van Ninja Warrior! Daar het al meer as 2 000 mense deelgeneem, maar nog net twee kon hierdie titel verower.
Wanneer: Animax, Daagliks om 18:15.


Style Apprentice
Is jy ouer as 18 en wou jy nog altyd aan 'n realiteitsreeks deelgeneem het?
Ek dink ek sou die perfekte Survivor-kandidaat gewees het, maar nou ja.
Fairlady is op soek na 'n nuwe stilis - dalk is dit die groot deurbraak waarvoor jy nog altyd gewag het?
Skryf in via www.fairlady.com.
Wanneer: Nie beskikbaar.


Man in the Iron Mask
Onthou jy nog vir Brakanjan? Nie?
Wel, vra 'n bietjie jou ouers of ouer broer of suster. Dit was 'n animasiereeks gegrond op die verhaal van die drie musketiers. Hierdie rolprent met Leonardo DiCaprio is die "grootmens"-weergawe daarvan.
Wanneer: e.tv, Saterdag die 28ste om 20:00.


The Day After Tomorrow
Niemand kan sê hoe die wêreld eendag gaan eindig nie - as dit ooit gebeur . . . Maar ek hoop werklik nie dit gebeur soos in The Day After Tomorrow nie!
Wanneer: e.tv, Sondag die 29ste om 20:00.


X-Machines
Blade, Gnasher, The Beast, Titan, Poseidon, Hammerhead en Hulk - hierdie is almal name van die masjiene wat jy in X-Machines sal kan sien! En die lekkerste van alles is dat 'n paar Suid-Afrikaanse monsters ook hulle buiging hier sal maak.
Wanneer: Discovery Channel, Dinsdae om 22:00, vanaf die 17de.


Scooby Doo & The Cyber Chase
Ou Scooby Doo - hoe kan 'n groot hond nou so bang wees vir koue pampoen soos hy? In hierdie fliek hakkel hy weer behoorlik as dit donker word en probeer hy agter sy baas wegkruip!
Wanneer: Boomerang, Saterdag om 19:00.


Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar