Dwelms, dwelms, dwelms

  • 9
    like dit
  • 11
    like dit nie

JIP het onlangs berig oor dwelmmisbruik onder tieners. Hier is van die kommentaar wat ons ontvang het, asook kommentaar van 'n kenner.

verslawing - wat 'n kenner daaroor sê
Baie tieners eksperimenteer deesdae met dwelms. Corlia Goosen het met die kindersielkundige Ken Resnick gepraat oor die verband tussen dwelmmisbruik en die voorkoms van psigiatriese toestande.

"Daar is nooit net een rede waarom tieners in die dwelmstrik trap nie.
"Van die redes is gewoonlik groepsdruk, familieprobleme, 'n lae self­beeld of bloot eksperimentering."
Volgens Resnick het verslaafdes gewoonlik 'n lae selfbeeld en benodig hulle 'n fix om hulle kort tydperke beter oor hulself te laat voel.
"Alles hang af van watter dwelmmiddel ingeneem word. Party dwelms het 'n baie sterker invloed op die brein as ander. Die groot probleem kom egter in by 'n afhanklikheid van dwelms, omdat die meeste verslawend is."
Resnick meen dit is vir 'n tiener heeltemal moontlik om die verslawing op sy of haar eie te oorkom. Hy voeg egter by dat dit van die verslaafde self afhang.
"Daar is 'n uitdrukking wat lui dat dwelms jou beheer en dat jy nie die dwelms beheer nie."

Hierdie plekke kan help:
J Drugwise;
J SANRA (in Engels bekend as SANCA);
J verskeie skuilplekke; en
J klinieke en tehuise met hoogs opgeleide 'n personeel.

Leserskommentaar:

Bly weg van die verkeerde vriende en maak vooraf die regte besluit om die goed te los. Destyds het ek nie en dit het amper my lewe gekos. Drank en dagga het net probleme gebring, met dagga veral wat newe-effekte van depressie, traagheid, geheueverlies en anxiety veroorsaak het. Met genade het Christus my onlangs op 21 jaar laat wakker skrik en my vrygemaak van die leefstyl. Ek lewe nou met rigting. - T

Dagga is lekker en gesond. Slegs onwettig, omdat regering bang is mense begin minder rook en drink, wat minder belasting sal beteken. - Jaap

Dankie tog ek gebruik nie dwelms nie. Sport en pelle hou my te besig. Ek dink dié wat dit wel gebruik se ouers moet
geblameer word. Omdat ons 'n standvastige opvoeding gehad het hoef ons nie na iets te soek om ons selfvertroue te gee nie. - Hein en Hilda van Pretoria

Ek wil dankie sê dat ek nie rook, drink of dwelms gebruik nie. Ek wil weet wat die lekker daaraan is om dronk en gerook te wees as jy by ‘n partytjie is. Is jy so verslaaf dat jy nie sonder die goed kan klaarkom nie? Ek voel jammer vir julle! Die mense wat die verkeerde dinge vir julle aanbied, gee glad nie vir julle om nie. Is dit lekker om niks van jou partytjies en gekuier te onthou nie? Ek dink aan julle. - Natasha

Ek was vir 'n jaar aan dwelms verslaaf. My beste vriendin het in 'n fratsongeluk gesterf. Sy het tik gebruik en ons het gerook (dagga en sigarette). Sy het 18 daardie jaar geword. Ek het nie eens tyd gehad om haar te groet nie. Haar dood het my lewe radikaal verander. Ek gebruik nie meer dwelms nie, ek het my lewe aan Christus gegee en is al drie jaar skoon sonder enige terugslag. Jy weet nooit wanneer dit met jou kan gebeur nie. Een keer kan jou duur kos. Wees slim, moenie dwelms gebruik nie. - Anoniem

Ek het my boetie verlede jaar Oktober in 'n motorongeluk verloor. Daar was vyf kinders in die kar en net my boetie is oorlede. Drank en partytjies met drank is nie die moeite werd nie. Nie drank of rook is die oplossing nie. - Blue

Wettig dagga vandag nog! Dagga is minder skadelik as sigarette, omdat die gemiddelde roker tien sigarette per dag rook en die gemiddelde daggaroker aansienlik minder rook. - Realis

Wettig dagga? As dit maar net by dagga kon bly, kan almal so gereken het, maar ongelukkig is daar bitter min verslaafdes aan heroïen, crack, ensovoorts wat kan sê dat hulle nie by dagga begin het nie. - Yesterday

Gebruikers Kommentaar (11)


  • 30 days ago
    Dagga is baie gevaarlik vir mense en kan lei tot baie probleme so mense muni dagga gebruik ni dit is rerag bitter baie gevaarlik vir julle ek het oor dagga gelees en dit ht my letterlik bja gehelp en het my vriend se hele lewe om gedraai ...........!!!!!!!DANKIE
  • Jannie Engelbrecht
    4 months ago
    Ek werk elke dag met jeugdige dwelm-afhanklikes en 90% van hulle het voor die ouderdom 18 jaar met Dagga begin eksperimenteer. Vandag het hulle niks goeds van Dagga te së nie. Dagga was die sneller na hul ondergang !

  • 8 months ago
    baie geleer nou weet ek hoe gevaarlik dit is thanks

  • 8 months ago
    Dagga is gagga!!

  • 11 months ago
    asseblief mense moenie dagga gebruik nie jou lewe is op die spel!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Bladsy 1 van 3
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar