Durbs-geskiedenisles

  • 4
    like dit
  • 0
    like dit nie

Vandag (dis nou vir julle laasweek Donderdag) sit ek in Durban.

Die Heuwels Fantasties en Gazelle ding in die Redbull Soundclash mee.
Soundclash is 'n pimped out weergawe van jou klassieke battle of the bands-storie. In hierdie geval het ons elkeen net ons eie Oppikoppi-grootte verhoog en daai verhoë wys na mekaar toe.

Daar is nie 'n prys nie, so dis nie regtig 'n kompetisie nie, maar hulle wil hê ons moet 'n mededingende gees handhaaf.
Ons is in twee verskillende toerbusse gesit en drasties verskillende weergawes van Durban gewys.
Vir Gazelle het hulle na die een of ander grot geneem, waar die konings van die Rastas jare al bly, Gandhi se huis en die kuierplek waar Nelson Mandela in 1994 gestem het.

Ons, aan die ander kant, is 'n geskiedenisles gegee oor hoekom Durban nie Afrikaans is nie en waarom dit beter as Kaapstad (what-ever!) is.

Ek het hier gebly in my jonger ­lewe en verpes eintlik die plek. Vir my is dit geen raaisel hoekom dit nie Afrikaans is nie, en wie gee werklik om?

Tussen die Britte, die Zoeloes en die Indiërs is daar nie werklik plek nie, en kort Suid-Afrika werklik nog 'n Afrikaanse stad?
Hulle het ons bunny chows gevoer in die tweede oudste hotel in Durban - die eerste hotel wat die rassewet opsetlik nie toegepas het nie. Toe het ons op die Skycar (wat vergeleke met 'n kabelspoor nie verskriklik opwindend is nie) tot bo-op die nuwe stadion gery, wat toevallig reg langs die ou stadion staan.

Ons is vertel Durban bie om die 2020 Olimpiese Spele aan te bied.

Toe het ons na die stadsaal gegaan, waar ons die storie vertel is van die dapper Brit Dick King, wat baie lank perd gery het om in Grahamstad Britse back-up te gaan haal omdat die Afrikaners besig was om hulle uit die middestad te dryf.
Ons het daarna trapfietse gery na Moyo, wat hier op 'n pier gebou is, en met 'n Durbanse band gepraat oor hoekom die
live scene so non-existent is hier. Ingeval julle gewonder het, niemand weet nie.

Later die aand, ná al die politiese nonsense, het ons uiteindelik 'n kans gekry om 'n bietjie agteroor te sit.
Toe vertel Xander van Gazelle ons 'n baie interessante storie wat die kanselier van Hendrik Witbooi, die San se koning en voormalige president van Namibië, aan hom vertel het.
Hy't vertel dat die swart mense tot 700 jaar terug nie in die suide van Afrika was nie en 'n hele paar ander goed waarvoor ek nie nou plek het nie.
Die rede hoekom die San-mense niks doen daaromtrent nie, is omdat hulle nie die konsep van grondbesit in hul geloof het nie. Die grond is die aarde s'n. Dit verander nogal hoe 'n mens dink oor land grabs, besitreg en enigiets anders wat polities aangaan in hierdie land van ons.

Ons is darem 'n klomp ingat-mense. Hier veg die Britte en die Afrikaner, Zoeloes en Xhosas oor grond wat nie een van hulle s'n is nie en die San moet woestyn toe. Swak styl.
As dit net die San was wat bestaan het, het ons nie met 'n wêreldwye omgewingskrisis gesit nie.


Vir dié van julle wat selfoonverslaafdes is: Hunter het die hele rubriek op sy BlackBerry getik en dit voor saktyd aan JIP gestuur. ­Respek!


 

Gebruikers Kommentaar (3)

  • heinrich
    4 months ago
    Ek sien nou eers die page is al ten minste 10 maande oud as ek so aflei van die ander kommentaar. Ah wel....
  • heinrich
    4 months ago
    ..."een of ander grot geneem, waar die konings van die Rastas jare al bly..."

    Fantasties! My breinbrand nou om meer te weet oor die plek en wat daar aangaan, maar die internet help nie veel nie. Sal seker moet opsaal en gaan kyk.

    Enige iemand met 'n link of iets, gooi 'n share eksê!

    irie
  • matthew
    15 months ago
    Cool artikel dude ! Ek my vriend het al baie om die vuur gepraat oor waar alle rasse rerig in pas in sa. Het ook tot die gevolgtrekking gekom dat dit alles eintlik aan die san behoort en amal moet net chill fuck out. Hierdie hele Jip blog storie is n bietjie weg gesteek op die burger se site. As jy weer n ietsie skryf plak hom op jou facebook page.
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar