Droom seisoen vir Wilgers

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Die o.18?A-netbalspan.

Verskeie spanne van die Hoërskool Die Wilgers in Pretoria het daartoe bygedra dat dié skool vanjaar sy beste netbalseisoen tot nog toe beleef het.

In die ADT-sportreeks het die eerste span, die o.17 A-span en die o.15 A-span elk 'n goue trofee verower.
Ná hierdie prestasies het Wilgers saam met Wesvalia boaan die reeks-punteleer geëindig.

Wilgers presteer ook tot dusver uitstekend in die Wintersport­reeks, waaraan spanne van skole in die Moot-gebied deelneem. Die Wilgers se o.15's, o.17's en eerste span, ook bekend as die White Eagles, het nog geen wedstryd in hierdie kompetisie verloor nie.

Die skool spog met verskeie spelers wat in Bokkieweekspanne opgeneem is, en veral Rianne van Nieuwkoop (15) is 'n speler om dop te hou.

Ten spyte van haar ouderdom is Rianne onlangs opgeneem in 'n o.19-span wat in Engeland gaan toer het. Dáár is sy ook vir 'n Akademieweekspan gekies en boonop as die span se beste o.19-speler aangewys.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar