Dolle verliefdheid

  • 1
    like dit
  • 1
    like dit nie
Blogger:

Marzahn Botha

Hoe lank al hou jy van iemand, maar is te papbroekig om dit met hom of haar te deel? Elke keer dat jy verby die persoon stap, draai jou maag soos ’n wasmasjien, klop jou hart buite jou borskas en struikel jy oor jou woorde soos ’n senuweeagtige stem oor ’n voicemail.

En jy hoop die ander persoon kom dit agter, voel die chemistry en maak die eerste move.

Vergeet dit, dit gaan nooit gebeur nie, vra my. Ek sit al meer as ’n jaar met ’n crush, maar steeds ontbreek die moed my om die kat uit die sak te laat. Nee, daardie kat versmoor al byna in die sak, maar ek is bloot te bang vir verwerping. Vir my is dít veel erger as om daagliks met die angstige hoop dat iets sal gebeur rond te loop.

En Sondag ná al hierdie wroegtyd sê ’n vriend, Mr Q, soos ek hom noem, vir my ’n baie waar ding. “Sweet Pea, as daar nie binne twee of drie weke iets van jou crush of smoorverliefdheid gekom het nie, los dit. Dan is dit nie bedoel om te wees nie.”

En dis die raad wat ek vandag vir julle wil gee. As die chemistry nie so sterk is dat julle van dag een af die hele dag in jul liefdes-poel wil bly swem nie, los dit.

Dit help nie om te wonder of daar ’n liefdesvonk is nie – die spark moet net dáár wees.

Aan die ander kant van die munt het ek ’n ander vriendin wat sê: “Don’t force a flower to open.”

Nou weet ek nie meer nie. Ek wil so graag self die raad wat ek vir julle gee, volg, maar ek sukkel.

Daarvoor is die subtiele flirtasie en dolle verliefdheid te veel pret.


Groete,

Marzahn


Gebruikers Kommentaar (2)

  • Mjön
    24 months ago
    Wel ek't 5jaar lank 'n crush gehaat op iemand, ekt self my mooier aangetrek as ek weet ek gaan hom sien die dag.Dis mligheid ek weet.Later het ek opgegee,maar nooit finaal nie.Ons het goeie vriende geraak oh hel toe raak dit vir my moeilik want ek wil hom net 'n soen gee maar geweet dan verloor ek hom finaal.Na 5 jaar sê ek vir hom luister hier ek's jamer maar ek's mal oor jou en verduidelik.Dit was so week awkward en ek't gedink wel tenminste het ek probeer.Dit het hom seker laat dink en ons is nou al 'n jaar en 4maande saam so daar is altyd hoop hang af hoe sterk jy daarin glo.
  • Emma
    30 months ago
    Jeug bly in ons alma se harte... en ek glo sterk dit is die liefde wat ons almal so jonk hou... met onskuldige giggels en bloedrooi wange - wie kan nie soos 'n kind voe lin so 'n situasie nie. Die moelikste ding om te doen is om te practise what you preach... ek sukkel selfs daagliks met daardie een. My advies: maak jou mond oop en praat... vergeet van 'chemistry' wat net daar moet wees - 'n persoon kan nie net ruik jy hou van hom en dadelik is daar 'n onmisbare aantrekingkrag wat jou van sinne beroof nie... Ek dare jou: maak jou mond oop en praat :)
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar