Dis D-dag op American Idol

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Lee en Crystal sing darem mooi, maar daar kan net een wenner wees.

Vanaand sal die wêreld uitvind wie die wenner is in vanjaar se American Idol en ons sal ook totsiens moet sê aan die geliefde/gehate Simon Cowell.

Reuters berig dat hoewel Lee DeWyze die gunsteling is om vanaand te wen, Crystal Bowersox alles uitgehaal vir haar optrede gisteraand. Sy het glo verstom met haar stem terwyl Lee eerder baie senuweeagtig was.

Die wenner word vanaand aangekondig, maar nie voordat eer aan Simon Cowell betoon word nie. American Idol sal beslis nie dieselfde wees sonder sy dikwels nare kommentaar en Britse aksent nie. Hy verlaat American Idol om sy eie realiteitsreeks te begin.

Sien ook:
Simon Cowell maak reg om Idols vaarwel te roep
Dis Crystal vs. Lee in Idol-finaal

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar