Lee DeWyze is in die finaal. Foto: Reuters
Crystal Bowersox en Lee DeWyze sal volgende week teen mekaar te staan kom vir die gesogte American Idol-titel nadat Casey James afgestem is, berig Reuters.
Bowersox, 'n 24-jarige enkelma, is al van die begin die gunsteling om te wen, maar DeWyze, wat voor die show in 'n verfwinkel gewerk het, het veral die laaste ruk harte gewen.
Sy weergawe van Leonard Cohen se "Hallelujah" Dinsdagaand het vir hom 'n staande applous besorg en die beoordelaars was gaande.
Bowersox, wat al met Janis Joplin vergelyk is, kon nie glo sy is deur na die finaal nie.
2010 se American Idol sal op 26 Mei aangekondig word in 'n tweeledige episode.
Dit sal ook die laaste keer wat Simon Cowell deel van die program gaan wees.
Sien ook:
Simon Cowell maak reg om Idols vaarwel te roep