Die wonderlike wêreld van 7de Laan

  • 23
    like dit
  • 5
    like dit nie
Woon jy dalk in 7de Laan?

Ek het so paar jaar gelede op 'n 7de Laan-aanhangersgroep op Facebook ('I watch 7de laan, dus is ek cool') 'n tong-in-die-kies-lys gepubliseer oor hoe jy sou weet jy bly in 7de Laan, Hillside.

Nou ja, intussen het ek myself uit die groep verwyder en deesdae kyk ek skaars 7de Laan, maar ek het onlangs uit verveeldheid weer die groepie besoek en my verkneukel in sommige van die byvoegings wat ander mense geplaas het. Hier volg die tekens dat jy moontlik 'n Hillsider is...


JY WEET JY WOON IN 7DE LAAN, HILLSIDE AS...


1. Almal is beste pelle met almal.


2. Maak nie saak of jy vandag in Hillside aangekom het nie, oor drie dae gaan jy beste pelle wees met almal.


3. Nuwelinge sal lustig saamgesels/ -lag as daar 'n verwysing is na 'n oud-karakter soos Oom Francois.


4."Nooit weer nie" en "vir altyd" geld vir drie weke.


5."Destyds" beteken twee maande gelede.


6. 'n Onderlangse suggestiewe kyk kan jou swanger maak.


7. 'n Persoon sal vir iemand van die teenoorgestelde geslag sê "Ek is lief vir jou" of "Ek het nog nooit so oor enigiemand gevoel nie" en dieselfde ding ten minste aan twee ander persone in die afgelope jaar gesê het.


8. Jy kan net kennisse of net in 'n verhouding wees met iemand van die teenoorgestelde geslag.


9. 'n Blote veelseggende kyk van een persoon na 'n ander persoon sal die ander persoon laat besef dat hy/sy nog al die tyd met die verkeerde persoon in 'n verhouding is.


10. Jy raak nie vervreemd van jou metgesel of neem 'n breuk van 'n verhouding nie; jy moet eenvoudig skei.


11. As jy in die moeilikheid is of 'n moeilike tyd agter die rug het, het jy altyd genoeg geld beskikbaar en het jy al klaar 'n bestemming in gedagte om na heen te vlug.


12. Sotho-sprekers sal, indien alleen gelaat, uit vrye wil Afrikaans met mekaar praat.


13. Werkgewers sal nooit agterkom dat werknemers hul CV's aangedik of uit hul duim gesuig het nie. En nooit ondersoek instel nie.


14. Daar is geen kinders in Hillside nie. Babas moet teen die tyd dat hulle kan loop uit die storielyn geskryf word.


15. Kelners, winkelassistente en deli-werknemers val in dieselfde sosiale klas as professionele prokureurs.


16. Die genoemde professioneles het glad nie 'n probleem daarmee om gratis dienste te verskaf aan hul slapgat vriende nie.


17. Blykbaar verdien professionele Hillsiders dieselfde as 'n kelner, want almal spring altyd in as 'n twyfelagtige geldmaakplan wat waarskynlik aan misdaad grens van stapel gestuur word.


18. Jy het geen akademiese agtergrond of spesifieke vaardighede nodig vir 'n werk nie. Jy kan spring van 'n kelner na 'n bemarker en van 'n winkel-assistent na 'n kunsgallery-bestuurder sonder veel moeite.


19. 'n Volledige gemeenskapskoerant word bedryf deur een redakteur, een finansiële beampte, een joernalis en een persoonlike assistent.


20. Hillsiders is heidene. Hul kerk is skaars groot vir 20 gemeentelede.


21. As jy 'n boek in die boekwinkel wil koop, sal Ryno altyd daardie boek op sy rak hê, al is die onderwerp ook hoe obskuur.


22. Maak nie saak hoe platsak jy is nie, jy sal altyd genoeg geld hê om koffie te gaan drink in Oppiekoffie. Al is jou woonstel slegs 'n paar trappe op.


23. Oppiekoffie ontvang amper daagliks groot hoeveelhede koue vleis by die deli, maar die enigste kos wat klante ooit daar eet is muffins en scones.


24. Daar is een hospitaal/ kliniek en dieselfde verpleegster behandel almal.


25. Die polisie is absoluut clueless. Slegs 'n Hillsider kan 'n misdaad oplos nadat die polisie al klaar hul saak gesluit het.


26. Op die oomblik wat jou grootste geheim op die lappe kom, is Zinzi binne hoorafstand. Die meeste Hillsiders het feitlik geen uithouvermoë nie en lap als uit "omdat almal in elk geval gaan uitvind".


27. 'n Openbaring wat net aan een persoon vertel behoort te word, versprei deur die hele Hillside en die betrokke persoon is altyd die laaste een om te hoor, gewoonlik nie by die bron nie.


 

Gebruikers Kommentaar (56)

  • ronel
    30 days ago
    Ek is gek ori laan,ten minste is dit afrikaans wat mens reeds so min hoor,Sewende laan is presies wat die bybel beskryf hoe ons moet lewe,almal ken mekaar,almal hou van mekaar en as hul n probleem het word dit uitgesort,almal help mekaar en meeste vani stories is wat werlik gebeur!SEWENDE LAAN IS DIE BESTE!!
  • Louis Hurter
    1 month ago
    My "moto" is as jy nie van ’n program hou nie, dan kyk jy nie daarna nie. Maar moet dit nie afkraak nie, ander mag daarvan hou. So ook met 7de Laan. Sit die TV af, of doen iets anders as jy nie daarvan hou nie.

  • 2 months ago
    Besef die kritisie dat dit net 'n storie is en vergeet van die regte lewe in daardie half-uur, los ons mense wat dit geniet en ontspan, elkeen is op dieselfde vlak omdat elke persoon vir die volgende een omgee en nie soos ons korupte lewe is nie.
  • Karools
    2 months ago
    As jy sleg voel of iets het sleg met jou gebeur eet een vam Hilda se Dadelvingers of reël 'n modeparade.Gebruik sommer jou vriende vir modelle. As jy iets koop om te eet, koop jy by die Deli of Oppikoffie. Matrone werk sommer by die Boekwinkel,Ouetehuis en Deli gelyk.Doen nie eers aansoek vir werk nie,"Gate crash" sommer.Klara sukkel darem vreeslik met afrikaans,en dit gaan nie beter nie. Dalk is Binnelanders to 'n beter opsie om te kyk.
  • LMF
    2 months ago
    Ek hou baie van 7de laan, ek kan dit glad nie mis nie. Ek wens net ek kon ook in die toneel speel.... Julle is great guys.
Bladsy 1 van 12
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar