"Die lewe is soos inkopies doen."- Charl Schoeman
In die lewe het jy goeie en slegte herinneringe. Die goeie herinneringe is die wat jy koester. Almal is gebore met hul eie onsigbare trollie. Die trollie is spesiaal en meer werd as enigiets. As jy dit deur die lewe stoot plaas jy al die goeie dinge (aandenkings) daarin.
"Glo dat die lewe die moeite werd is en jou geloof sal dit ‘n feit maak." - William James
Soms as die trollie vassit en dus nie kan beweeg nie, is dit die moeilike tye (swaarkry, egskeiding, streftes, probleme, siekte) wat jy nie wil hê nie. Elke geleentheid, kans en prestasie kan dien as 'n herinnering. Herinneringe sal versamel word en in jou trollie geplaas word. Die trollie sal jou hele lewe gestoot word.
Tot op ‘n dag ...
Die dag van vervulling, vreugde en tevredenheid is die dag wanneer jy al jou "geskenke" uitpak. Al hierdie geskenke ("spesiale onsigbare kruideniersware") sal dien as aandenkings en sal vir ewig aan jou klou. Daardie dag sal soet wees vir sommige, maar ander kan hartseer, spyt en pyn ervaar.
Kom ons maak die lewe die moeite werd!
Lees meer van Ethan se blogs by http://ethanchellan.wordpress.com