Ek sit nou en kyk die HBO Inauguration Special.
Dis ongelooflik.
Die koning van die wêreld hou vir sy mense 'n partytjie. 'n Moerse partytjie.
'n $45 miljoen-partytjie. Dis natuurlik alles die moeite werd.
Shakira en Usher en Stevie Wonder sing nou die een of ander song uit Barack se jeug by die voete van Abraham Lincoln, langs Amerikaanse vlae wat wapper voor 4 miljoen mense wat daar is en 'n moontlike 5 biljoen mense wat dit op die TV kyk. Blegh!
Seremonie is vir my so 'n irriterende faset van die samelewing.
Ek kon dit nog nooit like nie, maar die mens het dit nodig. 'n Lang uitgerekte bewys dat "iets" werklik gebeur het.
Troues se speeches, begrafnisse, laaste dag van skool, eerste dag van skool, gradeplegtigheid, jaareindfunksies, 21stes en award ceremonies.
Het president Obama nie baie werk om te doen nie? Hy het 'n wêreld om te red!
Nou moet hy daar sit en kyk hoe celebrities stupid liedjies sing en stupid speeches maak wat niks beteken nie.
As ek hy was, het ek al 'n briekmerk van al die stres gehad. Dit moet heavy wees as so baie mense in jou glo. Jislaaik.
Hy is al amper 'n heilige figuur!
Om Bono aan te haal: "Dis nie net 'n Amerikaanse droom nie maar ook 'n Ierse droom en Afrika se droom . . ." en blah blah blah.
Al die mense wat worry oor die New World Order het natuurlik hul kandidaat vir die Antichris gevind.
Maar voor hy 'n Wêreldregering kan stig, moet die VN seker maar iets begin doen.
Wat doen hulle in elk geval? Drop vir die siek, arm en honger mense medisyne en kos met valskerms? Daar is geen twyfel dat Obama great gaan wees nie.
Altesame 70% van Amerika dink alreeds Obama doen 'n goeie job!
Die pressure! Ek weet daar's onrealistiese verwagtinge, maar sy speech was eintlik maar 'n bietjie k-k, was dit nie? Ek kan nie een sin onthou nie.
Waar's die "Ask not what your country can do for you, ask what you can do for your country"-lyn? Of "The only thing we have to fear is fear itself"?
En arme Bush. Obama het eenkeer, vinnig 'n geforseerde dankie uitgekry en hom toe blameer vir die finansiële krisis!
Ek dink nie Bush gee regtig om wat Obama sê nie.
Dit het gelyk asof hy verveeld in die kerk sit en prentjies op die wolke projekteer.
Wat ek hou van Obama is dat hy verstaan dat as die wêreld se enigste (self-professed) superpower 'n voorbeeld kan stel deur om al meer "groen" te gaan, kan dit regtig die wêreld 'n hupstoot gee. Daar is onlangs data geanaliseer en dis bevind dat die seisoene twee dae vroeër kom as 200 jaar terug.
Die Aarde is moeg vir ons, hopelik is Obama dus so op en wakker soos wat hy lyk.