Die groot L

  • 2
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Marzahn Botha

Ek weet dis bietjie vroeg vir Valentynsdag, maar as ek volgende week met julle gesels, het hierdie rooi dag al verstryk.

Gewoonlik is daar 'n fyn lyn tussen die liefde en die haat. Vandag kan jy nie deur jou oë sien van verliefdheid nie, en môre wil jy hom/haar met jou scooter omry.
Of jy voer 'n stil oorlog in jou kop, en kweek wraak in jou hart. En dis een van daardie groot raaisels in die lewe. Hoekom kry jy iemand lief net om hulle later te haat?
 
Skuil daar meer agter die haat?
My vriendin het die teorie dat as jy iemand na 'n mislukte verhouding haat of jy raak emosioneel elke keer as daardie persoon se naam genoem word, is jy nog nie werklik oor hom/haar nie. Jy is net oor iemand, as jy absoluut niks voel nie, of die noem van sy/haar naam, laat jou hart nie vinniger of stadiger klop nie.

Dikwels wil jy jouself herinner hoe dankbaar jy is om uit 'n verhouding te wees, deur die slegte te wil onthou. Of kwaad te praat saam met die persoon se vyande oor hom/haar, of te poog om jouself te verlustig in sy/haar smart.

Maar diep binne jou weet jy, jy sal hom/haar in two ticks terugvat - al die sleg is dan vergete.
'n Mens is mos eintlik gemaak om net die stroopsoet van 'n verhouding te onthou, veral as jy sulky-alleen is op 'n dag soos Valentynsdag.

Die geheim is om 'n nuwe liefde te kry. Jy kan tog nie terugdelf in iets wat kon gewerk het nie. Dis so goed soos om na ou foto-albums te kyk. Jy is altyd leliker as nou.

Eintlik het ek nie raad nie, love is what love does. As jy gaan aandag gee aan jou gevoel van heimweë, gaan jy weer dieselfde liefde ervaar. Saam met dié liefde kruip herbekende nare gewoontes ook uit die bondeltjie.

Gebruikers Kommentaar (1)

  • mike
    24 months ago
    Lekker storie Marzahn
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar