Die Heuwels record en rol in die gras

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Almal het wynpyn vandag.

Gewoonlik sou dit k-k gewees het, maar daar's in fact geen beter plek om gisteraand se roes af te skud as om by Sunset Studios in die perde se gras rond te rol nie.

Ons het gister die dromme en baskitaar baas gemaak en vandag is dit Fred se beurt om sy talent te bewys. Na ‘n paar Tokara-Deli olyf-tapenade toebroodjies en duitse chicken pie onder die boom het die Electro treffer ‘Wilder As Die Wildtuin' ontaard in ‘n Hard Rock nommer.

Pierre gaan soos Bruce sing oor die verse en ek gaan soos Brian Johnson sing oor die Chorus. Ons gaan almal catsuits begin dra op stage, ons hare groei en aansienlik meer acid begin doen. Joke net. Ek's te vet om ‘n catsuit te dra.

Ons gaan nou aan Spider-Man se girlfriend suig en kyk wat gebeur... Alamapstix

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar