Die Antwoord neem die wêreld oor!

  • 3
    like dit
  • 6
    like dit nie
Foto: Verskaf

Dit voel dalk 'n bietjie asof Die Antwoord die wêreld oorneem. Hulle is oral. En saam met Jack Parow maak hulle zef-wees en die identiteit van 'n Parow Arrow iets wees om na te streef. Of nie.

So, waar het dit alles begin? Hoe het 'n relatiewe onbekende band (who can blame them, enigiemand sou verdrink te midde die kakafonie van bands uit hul buur-suburb, Bellville) dit reggekry om tot in die New York Times hulle naam in druk te kry?

Wel, die rap-groep se bekendheid is nie so vinnig verwerf soos wat baie mense dink nie. Nuh uh. Hierdie ouens is al ses jaar op die toneel. So, waarom die fuss? Die Antwoord gebruik 'n ander taktiek as meeste Suid-Afrikaanse kunstenaars om hulself te bemark. Die internet.

Die Antwoord is so suksesvol in hul gebruik van kuberruimte om hul eksplisiete lirieke en musiek te bemark dat hul internetdiensverskaffer onlangs een van daai ontydige crashes gehad het weens miljoene besoeke in net vier dae. Drie miljoen besoeke en R3000 later (as boete) en hulle is broke.

Hul video op Youtube het ook al meer as 200 000 hits gekry.

Lees meer oor Die Antwoord (Ninja, Yo-Landi Vi$er en DJ Hi-Tek) hier.

As jy wil weet wat is dit om zef te wees, lees hier.

Kyk hul awesome video hier.

Gebruikers Kommentaar (6)


  • 6 months ago
    My persoonlike opinie is dat daar is werklik talent hier. Die kru taal is bietjie erg maar ek haal my hoed af vir hulle wat iets doen vir hulself en nie bedel of steel of moor en dan sê hulle is agtergeblewe en foeitog hulle is victims! So 10 uit 10 vir die Antwoord!
  • Stollie
    6 months ago
    ag julle suck, die antwoord is awesome
  • Jannie
    7 months ago
    Dis tappit, Jack Parrow is darem nog snaaks.
  • Corlene
    7 months ago
    Dis ZEF!
  • mark
    7 months ago
    Jack Parow is fantasties... hierdie ouens (Die Antwoord) is spasties. Die gevloek sit my heeltemal af. Jack Parow het skerp lerieke. Brei die woordeskat uit... in die regte rigting, jy sal ongelukkig dalk nie so polpulêr wees nie!
Bladsy 1 van 2
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar