Interskole gaan oor meer as net rugby.
New Orleans het weliswaar Saterdag in die meeste rugbywedstryde teen Klein Nederburg noustrop getrek, maar vroeër in die week was daar vir die gasheerskool vreugde in oormaat.
In die vernaamste hokkie-, basketbal- en seuns-tafeltenniswedstryde het New Orleans die botoon gevoer. Boonop was New Orleans se oudleerlinge op die netbalbaan 17-15 baas.
Op die sokkervelde en netbalbane het die twee skole se leerders die louere gedeel.
Die belangrikste uitslae is: RUGBY: o.19 A: KN 19, NO 17. o.19 B: NO 15, KN 10. o.16 A: KN 13, NO 8. o.15 A: KN 18, NO 15. O.14A: KN12, NO 8. HOKKIE: o.18: Seuns: NO 3, KN 1; Meisies: NO 2, KN1. o.16: NO 1, KN 0. SOKKER: o.17: NO 2, KN 2. o.15: KN 1, NO 0. BASKETBAL: o.19: Seuns: NO 22, KN 17; Meisies: NO 18, KN 5. o.15: Seuns: NO 25, KN 4; Meisies: KN 3, NO 1. TAFELTENNIS: o.17: Seuns: NO 4, KN 3; Meisies: KN 4, NO 3. o.15: Seuns: NO 4, KN 3; Meisies: KN 5, NO 2. NETBAL: o.19 A: NO 21, KN 21. o.16 A: KN 14, NO 13. o.14 A: KN 13, NO 13.
Terwyl veral die HS Hottentots-Holland se rugbyspelers ná Saterdag hul wonde moes lek, het dié skool se sportlui in die ander sportsoorte hul kant gebring.
Veral die HHH se eerste seunshokkie- en landloopspan kan breëbors rondloop.
Strand se gholfspan het in 'n Stableford-wedstryd oor 18 puntjies met 248 punte teenoor 200 koning gekraai, terwyl dié skool se meisies die vinnigste treë in die landloopnommer kon gee.
Elders word aangestip dat ál Strand se belangrikste rugbyspanne gewen het.
HOKKIE: Meisies: o.18 A Strand 1, HHH 1; o.18 B: Strand 0, HHH 0; o.16 A: Strand 1, HHH 0; o.14 A: Strand 1, HHH 0. Seuns: o.18 A HHH 2, Strand 1; o.18 B: Strand 1, HHH 1; o.16 A: HHH 4, Strand 0; o.14 A: Strand 0, HHH 0. NETBAL: o.19 A: Strand 37, HHH 14; o.19 B: Strand 18, HHH 6; o.16 A: HHH 15, Strand 10; o.16 B: Strand 17, HHH 14; o.14 A: Strand 26, HHH 11; o.14 B: Strand 13, HHH 4.
S Pacaltsdorp se eerste netbalspan het nes sy rugby-eweknie oor die HS George geseëvier deur in die laaste sekondes die wendoel (20-19) aan te teken.
Die uitslae: o.19 A: Pacaltsdorp 20, George 19. o.17 A: George 14, Pacaltsdorp 10. o.15 A: George 24, Pacaltsdorp 12. o.14 A: Pacaltsdorp 9, George 8.