Demi Lovato. Foto: Reuters
Die Disney-ster Demi Lovato het 'n nuwe veldtog geloods om tieners aan te moedig om nie mekaar te boelie nie.
Die 17-jarige ster het met aktiviste by teensagainstbullying.org saamgespan en het erken dat sy self onder boelies by die skool deurgeloop het en gereeld gespot is omdat sy 'n aktrise is.
Volgens Lovato het dit so erg geraak dat sy moes begin tuis skoolgaan, berig teenhollywood.com.
Lovato het gesê dit was haar agtjarige sussie, Madison De La Garza, wat in Desperate Housewives speel, wat haar geïnspireer het om by die veldtog betrokke te raak.
Sien ook:
Oorgewig kinders word steeds die meeste geboelie
Boelies in die kuberruim