Tydens die jaarlikse Hoërskool Goudini Netbaltoernooi het die eerste netbalspan van Hoërskool Langenhoven gewys dat hulle beslis slaggereed is vir die nuwe seisoen.
Op hul pad om as trofeewenners uit die stryd te tree, het hul met verskeie opponente afgereken. Montagu (14 - 5), Bonnievale (12 - 10), Labori (18 - 4), Langenhoven B (semi-finaal: 14 - 4) en Swellendam (finaal: 14 - 9) moes voor die doelgerigte Dasse die knie buig.
Op die foto verskyn die trotse wenners saam met hul afrigters Katinka Fox en Christelle Putter.
Die span is: Anzel Kotze, Reze van Zyl, Izelle Latsky (speler van die toernooi), Mieghe Marais (kaptein), Nadia du Toit, L'Zuné Gildenhuys en Michelle Benson.