Dagga lei nie tot gebruik van 'harde' dwelms

  • 19
    like dit
  • 19
    like dit nie
Daggagebruik lei glo nie na die gebruik van ander dwelms nie.

Daar is heelwat mense wat met die bogenoemde stelling sal verskil, maar 'n nuwe studie het bevind dat daar eintlik geen bewyse is dat daggagebruik lei tot die gebruik van ander, 'harde' dwelms nie.


Navorsers aan die University of New Hampshire sê dat die "gateway-effek" van dagga – dat tieners wat dagga gebruik waarskynlik later harder dwelms soos kokaïene en heroïene sal gebruik – erg uit proporsie uit geruk is.


Of tieners wat dagga gebruik later ander dwelms as jong volwassenes gaan gebruik het meer te make met lewensfaktore soos of hulle 'n werk het, of hulle stres ervaar en of hul emosionele probleme het, dui die navorsing. "Ras blyk eerder een van die belangrikste en toonaangewendste invloede te wees of iemand ander dwelms sal gebruik, nie dagga nie," lui 'n deel van die studie, soos gepubliseer in die September-uitgawe van die Journal of Health and Social Behavior in die artikel, "A Life-course Perspective on the 'Gateway Hypothesis.' "


Die navorsers het onder meer ook bevind dat jong volwassenes wat nie hoërskool voltooi het nie en nie universiteit bygewoon het nie, meer waarskynlik is om dagga as 'n tiener te gebruik het en ander middels later. Daarmee saam was diegene wat dagga as tieners gebruik het en na hoërskool werkloos was, meer waarskynlik om ander dwelms later te gebruik. – CBS News, EurekAlert!


Sien ook:
Tieners en dwelms: Is jy aan die "hoek?"
Tieners, dwelms en drank
Dwelms, dwelms, dwelms


 

Gebruikers Kommentaar (54)

  • Frikkie
    4 months ago
    Ag asb, glo jy rerig jou eie storie. Eks 25 en het die effek gesien wat jou "boompie" maak oor n lang termyn en het al talle vriende verloor a.g.v hulle wat agter raak. Dit is dalk cool om dit te rook maar in die langtermyn is dit rerig wat jy nodig het. n Regte wash-out wat homself sus in die gedagte dat dit "medisyne" is,RERIG is jy so "ignorant" om dit te glo. Dis is vir n rede illigal en as jou oe rerig oop is sal jy sien watse goed hulle met dagga begin meng of by hippie parties begin acid gebruik om die effek van die dagga sterker te maak. Hoop jy sal eendag vir jou kind sy eerste zollekie rol siende dit so onskuldig is.
  • Zappa
    5 months ago
    So bly hulle het na so lang tyd die "gutts" om dit te sê. Ek ken daaglikse dagga rokers wat nie eens aan 'n sigaret wil vat nie, wat dan nog te praat van harde dwelms. Indien jy die eerste keer sterker dwelms gebruik is dit a.g.v. eksperimentering,nie omdat jy van tevore dagga gerook het nie. En net omdat jy rook beteken dit glad nie jy beweeg weg van God nie. Inteendeel, jy wardeer die natuur meer en neem meer in. Passop om iemand te vinnig te oordeel net omdat hy/sy dagga rook

  • 5 months ago
    suck

  • 6 months ago
    Wat doen ek as ek dagga by my kind kry?

  • 8 months ago
    Dagga pas nie by iemand wat in Jesus glo nie so los dit nou!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Bladsy 1 van 11
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar