Daar is 'n onstellende toename in mond- en keelkankers onder tieners, glo weens orale seks en daggagebruik.
Só het die Suid-Afrikaanse Tandheelkundige Vereniging (Sada) onlangs tydens 'n mediakonferensie gesê.
Dié tipe kankers affekteer nagenoeg 400 000 nuwe pasiënte elke jaar. Dit is egter nie net orale seks en dagga wat die sondebokke is nie. Die nuwe gier onder tieners en volwassenes om waterpype te rook dra ook by.
Volgens Sada het die hoeveelheid skoolgaande kinders wat dagga gebruik toegeneem, terwyl al minder hul tot sigarette wend. Daarmee saam is orale seks ook 'n prominente faktor onder tieners wat bydra tot die voorkoms van dié kankers. - Cape Times