Dagboek van ’n Superheld: 'n Verhaal van twee gevangenes

  • 7
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Herfsman

Ek, Herfsman, bekende Suid-Afrikaanse Superheld, het van die begin af niks persoonliks teen my aartsvyand, Terneergedrukte Dawid, gehad nie.

Hy was immers op sy dag 'n belowende jong tennisspeler, ondanks sy algehele weiering om die bal wat na hom gedien word, terug te slaan.

"Wat is die doel?" het hy die skeidsregter telkens toegesnou.

Terneergedrukte Dawid het my toorn oor homself gebring. Hy het my dollie Pollie se hart gesteel met sy stupid emo-haarstyl en tobberige geaardheid.

Hier is waar ek my wraak kon neem. Ek het betroubaar verneem dat Terneergedrukte Dawid gereedstaan om die apartheidsmoordenaar Eugene de Kock met sy opkomende vrylating tegemoet te kom en hom wat Eugene is, in sy leër op te neem.

Sonder om my bron te noem (Dit is Johannes van Rooyen van Fisantstraat 71, Bellville) kon ek seker wees hierdie inligting is korrek.

By die Pretoria-Sentraal-gevangenis het ek 'n diep sluk uit my half-jack geneem en 'n sigaret opgesteek.
"No sir," het een van die bewaarders gesê, "you can't smoke in here."

Terstond het ek met my geheime wapen geantwoord - 'n dosis herfsblare in die gesig vir al die beamptes. Ek het ook onmiddellik die playknoppie op die walkman aan my belt gedruk sodat my vreesinboesemingslied, "Eye of the Tiger", deur die ontvangslokaal kon weergalm.

Die een beampte se geteem het dit egter oordonder.

"Oh no!" het hy gegil terwyl hy sy gesig vasgeklou het, "I'm lactose-intolerant! Aaaarrrggghh!"

Onverstoord deur die man se skrikwekkende gebrek aan logika het ek na De Kock se sel voortgebeur.

Ek was byna te laat. De Kock was besig om uit sy sel te stap, met Terneergedrukte Dawid naderby.

"Dawid!" het ek dringend geroep. "Daardie toneel in Titanic!"
Die uitroep het die gewenste uitwerking gehad. Dawid het summier na die vloer getuimel en in die fetale posisie begin wieg.

De Kock self het bloot na sy sel terug ge-bollemakiesie.

Ek het nog 'n sigaret opgesteek, tevrede met die dag se werk, toe ek iets opmerk. Die bedrieër Shaik was besig om by die tronk uit te loop.

"Go back to your cell, mr. Shaik," het die bewaarder gesê.

"But I am not Shaik. I am Shaikspeare."

"Oh ja? Prove it."

"I am the east, and Jacob are the sun."

"Oh, okay," het die bewaarder gesê en Shaik laat uitstap.

In dramatiese slow-motion het ek hulle agternagesit. Dit was 'n oordeelsfout, want hulle het in gewone spoed gestap en toe heel gemaklik weggekom.

Bogghers, het ek gedink, ek kan ook Shakespeare aanhaal. "Now is the autumn of your Disco Tent!" het ek gegil.

Dit sal hulle wys.

Gebruikers Kommentaar (1)

  • beer
    5 months ago
    Herfsman vs Dragon Ninja...
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar