Dag 9, 000, 000 van Die Heuwels in die ateljee

  • 2
    like dit
  • 0
    like dit nie

Dag 9, 000, 000 van Die Heuwels in die ateljee. Amper verby :(

Die eerste keer wat die weer effens sleg is. Dis net so lekker hier in die miswolke as in die somer. Ons het fotos geneem in ‘n nes wat vir 4 mans gebou is. Pierre het sy longe uit gesing. Ons het ‘n nuwe liedjie geskryf waarop almal sing. En dis al wat daar is! Geen instrumentasie nie. Net vocoded vocals. Die woorde gaan so:

"Wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit dan?
Wonder bo wonder
Uiteraar, onbeman
As alles weer in mekaar in val,
sal jy my oortuig om die stukke weer op te tel."

Dit klink soos 4 robotiese Simon & Garfunkels. Gaan dit môre hopelik sommer vrystel vir mense om beats op te maak en bietjie fans kry om by te dra tot die proses. Al die liedjies klink nou al heel lekker. Baie opgewonde! Hier kom ‘n ding! Ek weet wat dit is... Dis ‘n vars ansjovis. Barabas. LOL

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Lucia
    19 months ago
    yaeh... eks absolut mal oor daardie liedere. Puik!
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar