DHF se laaste dag in studio

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Pierre Greeff

Vandag merk die einde van Die Heuwels Fantasties se epiese stryd met die stilte by Sunset studios.

Adriaan Brand het 'n draai kom maak, sy Rolls Royce van 'n trekklavier laat klink soos 'n euwel synf en hy't het die triomf wat hierdie CD is se gees vasgevang en verkondig met sy getrompetter.

Pypman Guetta aka Pypie vir die braaitangmeester ingestaan in sy afwesigheid en vir ons steaks gebraai. Ons almal het gesing en gejubel en gedans. Behalwe Phillip, hy was nie hier nie en ons sal hom nooit vergewe daarvoor nie.

Gister het ons sommer vinnig 'n liedjie aanmekaar geslat. Onbeplan. Heel toepaslik. Ons het twee weergawes van hierdie liedjie vir julle verniet verkrygbaar by hierdie skakel hieronder.

Die a cappella weergawe is vir al die aspirante vervaardigers daar buite wat belangstel om vir ons 'n back track te maak vir daai vocals. Stuur hom vir ons aan, miskien kom hy op die album. En die akoestiese ene is sommer vir lekker luister op die langpad.

Ons is verskriklik trots op hierdie paar liedjies en kannie wag om dit vir julle te speel nie. Ons gaan seker maar so paar van hulle vir julle weggee so nader aan Februarie se kant. Bish bash ouens en vrouens. Dankie dat julle belangstel in ons ou klein kakkies. Ek raak nou sommer emosioneel. Jokes. Soortvan.


Onbeplan (akoestiese weergawe)

Onbeplan (a cappella)

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar