DHF Studiodagboek: Hierdie is nie hammergooi nie

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Pierre Greeff

Dag wie-weet-wat van Die Heuwels Fantasties se fantastiese neerlegging van doodgewone ervaringe tydens ongewone omstandighede op die voet van Joubert se piek.


Vanoggend het ons ‘n heerlike ontbyt benut by Tokara se DeliCATessan.

Kokosneutbrood met appeliefiekonfyt en geposjeerde eier met spinasie en parmesan was op die spyskaart. Pierre en Fred het in die luukse Tokara gastehuis gebly gisteraand en by Markus en Donya van Aandklas kontant en ribbetjies gaan optel en rondom ‘n vuur opgeeindig. Met ons tydige aankoms by die ateljee het ons met die deur in die huis ingeval en sommer dadelik almal saam ‘n kitaarstuk ingespeel ala Travelling Wilburys.

Ons het al die liedjies wat ons tot dusver neergele het weer geluister en van vooraf opgewonde geraak. Adriaan Louw was hier om ons stukkie vir MK se MVP projek af te neem waar ons gesels oor ons video-opname van Way To Go, die Thieve/Heuwels saamstaanspul. Philip en Fred het pilboksies met sand in geskud op die ritme van die musiek en Jurgen het gesê dit was goed.

Pierre sing vandag baie mooi, maar net ‘n bietjie. Hy sing vandag net die strelende vluweeldele. Môre gaan ons hammers gooi.


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar