Vandag is daar kuns gemaak in die vorm van ray-ban aviator sonbrilrame en almal het sy merk gemaak....my en Fred sinne was minimalisties en Philter en Huntros s'n was hoe sou ek sê, redelik ambient...een van die dae sal julle kiekies sien wat die hele storie vertel.
So toe daag Thomas ook op aka 187 sommer daar by die familie deli op Tokara hier in Stellies langs die studio. Ek en Fred bly al hierso vir die afgelope twee dae...dit is die fisiese vorm van die dinge wat ek droom...in elk geval.
Ons moes foto's neem maar toe is daar maar eerder bobotie geëet en nogals baie gesing...dit bygesê, Hunter het die vibe gebring vandag met sy stemsessie...Fred het opgegee halfpad. Die another day...môre moet ek nog sing..dit voel asof dit my voorland nou maar is..
Verder is daar pragtige warm wasige tjellos deur Anjulie de Vos neergesit vandag en dit was mooi...dinge maak nou amper klaar..môre is die voor laasste dag en vrydag is braaidag...
Wie is nou regtig die klits kwyt?
"soos die kraai vlieg" -dhf-
Pypman Guetta
Pierre Greeff