‘Chick’-fliek se voet

  • 3
    like dit
  • 0
    like dit nie

Ek blameer chick-flieks. Ja man, flieks wat jou daardie warm gevoel van hoop gee sodra die credits begin rol.

Jy stap uit die teater en dis asof jy in jou verbeelding nou enige oomblik "hom" in 'n nat hemp voor Checkers gaan sien staan.
Maar wag. Gee jouself so 'n volle drie minute ná die movie en dan sit jy morbied in Mugg & Bean met jou vriendinne en julle wonder: "Hoekom kan dit nie ook met my gebeur nie?"

Dis die ding met chick-flieks...twee uur lank leef jy jou in die rol van die hoofkarakter in en daar's hier en daar haakplekke in jou en jou held se liefdesverhouding (jaloerse ma of psycho-eks), maar eintlik wéét jy die twee gaan mekaar vind en die fliek gaan by iemand se troue eindig.

Daar's gewoonlik komiese oomblikke in rom-coms en 'n gesoenery in 'n lift en 'n gehardlopery agter 'n vliegtuig met jou liefde daarin, maar die paartjie kom altyd bymekaar uit. Dis voorspelbaar.
My gunsteling is gewoonlik die ek-is-lief-vir-jou-lyn, want in 'n chick-fliek is dit nooit eenvoudig nie. Alle mans verander binne 'n oogwink in Shakespeares.

Maar die lewe is nie soos 'n Hollywood-fliek nie
. Ons monde stink soggens wanneer ons ons geliefdes sou wou soen.
Die vraag wat altyd in my kop maal ná my twee uur lange dosis van liefde en popcorn is wat ék in die lewe moet doen om mý Ryan Reynolds (of Chuck Bass, of vir die meer waaghalsiges, Edward Cullen) te ontmoet.
Hoe ek moet aantrek, wat ek moet sê, hoe ek moet dans. Belangriker, wie ek moet ken en waar ek moet wees om my "die één" te ontmoet.

Ek het een keer 'n storie gelees oor die bekendste en algemeenste maniere hoe en waar paartjies mekaar ontmoet.
So 30% word deur gemeenskaplike vriende of familie aan mekaar voorgestel (keep your friends close and your enemies closer), 20% ontmoet op skool, universiteit of die kerk (julle't nog 'n kans so gryp hom/haar nóú), 20% by die werk (ag, assuhbulief, dit gaan nie gebeur nie), 10% by 'n dansplek of 'n partytjie en die res aanlyn en "toevallig" - wat dít ookal beteken.

Ek het al álles probeer. Dit het nie gewerk nie.
Toe probeer ek die Hollywood-ding: Mors koffie op mans, sing patetiese karaoke in kroeë, gaan lees in 'n biblioteek, sluit by 'n skaakklub aan (oukei, ek jok), maar daardie Hollywood-man sien my net nie raak nie.

Maar dan troos ek myself hiermee: Wie wil so voorspelbaar soos 'n Hollywood-movie wees?

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Marthanique
    3 months ago
    ag Romantiese flieks... Glo dit of nie dit kan gebeur.. Ek het iemand ontmoet op een van die onwaarskynlikste plekke, 'n atletiek paweljoen haha maar ongelukkig soos jy se kan ons lewe nie soos n romantiese fliek wees nie want myne het ge eindig deur hy wat namibie toe gaan haha maar sterkte hoop jy vind joune in die onwaarskylikste plek maar ook op die perfekte tyd ooit:)
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar