CTTRC in studio. Foto: Verskaf
Hierdie jaar is die jaar waar die JIP en MK Rockspaaider wenners van 2009, Countdown to the Red Carpet (CTTRC), só veel as moontlik wil gig.
"Dis nou tyd om ons mark nóg weier uit te kring," sê dié kleurvolle groep van Alberton.
CTTRC het onlangs hul EP met vyf singles by die One Big Room Studios in Pretoria opgeneem. Ludwig Bouwer is die vervaardiger van die EP waarop almal wag.
"Op hierdie EP gee ons baie aandag aan kleiner detail. En, fans gaan baie verrassings kry.
Ja, dit is inspirerend en motiverend, want dit is maar die tipe mense wat elkeen van ons is. Maar dit gaan nie oor die gewone cliches, nie.
Ons wil sê dat jy fun en excitement kan hê, in die alledaagse," sê die groep.
Volgens die rooikop voorsanger, Danica Bezuidenhout, moet al die songs op hierdie EP "onder mense se velle inkruip". Hulle moet hulself daarin verloor, want dis gewoonlik wat ek doen as ek goeie musiek luister".
Arno van Wyk, die tromspeler en liedjieskrywer, sê die EP klink nie na iets spesifiek of soos iemand nie. "Ons wil ons graag nie label nie, want dan gaan ons fans ons begin label. Elke song is eg CTTRC, maar met 'n twist."
"Ons wil net hê hierdie songs moet by die fans vashaak. Baie keer het mens iets binne jou wat jy wil skree. Maar jy is rustig in jouself en stil. Of jy skree om deur stil te wees. Of jy skree iets soos "Ek is 'n introvert". En ons titel gaan dalk iets hiermee te doen hê," sê Nico du Plessis op bas.
Dis wel nie die eerste keer wat CTTRC in studio is nie. "Maar wat is nou beter as om studio te wees en te record. Al hang 'n mens rond en speel Play Station (Tennis en Fifa 2008) is dit steeds beter as om werk toe te gaan met 'n suite," lag Reno Crouse op kitaar.
"Wat nou vir ons voorlê, is baie werk. Ons wil gaan saam met Colour Blind (Noordelike wenners van Rockspaaider 2008) en Alleen na Desember, gaan toer. En dit gaan lekker wees om nie voor die beoordeelaars te gig nie.
"Op die toer verlede jaar het ons net ge-gig om te gig, en amper vergeet ons is nog in 'n kompetisie, en iemand kan uitval. So al wat ons nou kort is baie live shows.
En dan natuurlik, die belangrikste is dat ons moet saambly. Dit is die geheim," sê Stefan du Toit, op rhythm-kitaar.