Gerugte doen die rondte dat Brad Pitt en Angelina Jolie uiteindelik gaan trou.
Hoe waar die gerugte is, weet niemand nie, veral omdat hulle glo enkele weke terug sou opbreek.
Volgens die Britse "Telegraph" het die tweetjies glo besluit om te trou op aanvraag van hul kinders.
Hulle is al vyf jaar 'n paartjie.
Lees die volledige berig hier.