Brad Pitt het erken hy gee vir sy kinders Coca Cola om te drink vir ontbyt.
Die akteur het erken hy en sy geliefde, Angelina Jolie, vind dit moeilik om al ses hul kinders reg te kry vir die dag so partykeer kry die kinders Coca Cola saam met ontbyt om vir hulle energie te gee.
Hy het vertel: "Ek erken daar is tye wanneer ons vir hulle sê 'julle moet nou opstaan. Staan op! Hier is jou skoene. Hier is jou skoene. Drink die Coke. Drink hierdie Coca Cola. Drink dit alles. Nou!' net sodat ons hulle op en aan die gang kan kry." - Channel24