Bobby is Cosmo se sexyste man in SA

  • 2
    like dit
  • 0
    like dit nie
Bobby van Jaarsveld is nogal sexy!

Die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld is as die tydskrif Cosmopolitan se sexyste man in Suid-Afrika aangewys.


"Wat 'n aand! Dankie vir al die boodskappe oor die Cosmo-wen. Ek waardeer elkeen wat gevote (sic) het (nog die weirdste award wat ek gekry het)," het Van Jaarsveld op sy Twitter-blad geskryf.


Van Jaarsveld het stof in die oë van die TV-aanbieder Janez Vermeiren en die Sewes-rugbyspelers Neil Powell en Chris Dry geskop.


Hier is die volledige lys:


Bobby van Jaarsveld (sanger)

Jovan Jackson (Model)


Neil Powell en Chris Dry (Sewes-rugbyspelers)


Victor Mathe (Model)


Tyrone Keogh (Akteur)


Janez Vermeiren (TV-persoonlikheid)


Lukhanyo Nontshinga (Rugbyspeler)


Dylan Savage (Blogger)


Lloyd Norris-Jones (Hokkie-speler)


Warrick Stock (YFM-platejoggie)


Sibusiso Mbula (Akrobaat)


Ryan Sandes (Langasem-atleet)


- Nuus24

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar