America Ferrera in Ugly Betty.Foto: ABC
Die aktrise America Ferrera is ná vier jaar as 'n uitbundige kantoorwerker in Ugly Betty nou in 'n ernstige rolprent te sien.
Ferrera, wat 'n Emmy- en 'n Golden Globe-toekenning gewen het vir die titelrol in Ugly Betty, speel nou in 'n onafhanklike rolprent, The Dry Land, wat vandag in Amerika uitgereik word. Haar verloofde, Ryan Piers Williams, is die regisseur en draaiboekskrywer van die rolprent.
"Ek voel dis 'n nuwe hoofstuk in my loopbaan. Dit is my eerste rol as 'n vrou wat met volwasse kwessies te doen kry."
Die rolprent het hoofsaaklik positiewe resensies gekry.
Ferrera vertolk die rol van die vrou van 'n soldaat (Ryan O'Nan) wat na sy huis in Texas terugkeer van die Irakse oorlog en aan post-traumatiese stresversteuring ly. - Reuters Life!
Sien ook:
Koebaai, Betty
"Ugly Betty" verloof