Beeldskool help met matriek-wiskunde

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Sukkel jy met somme?

Voormalige matrikulante wat in Maart die aanvullende eksamen in wiskunde skryf, het nog 'n kans om hulp te kry.

Beeldskool bied van 18 tot 25 Fe­bruarie afrondingsklasse by die Universiteit van Pretoria (UP) aan.
Daar is vier sessies van 1½ uur elk per dag en die koste beloop R450 per dag.
Vir twee dae is dit R600.

Kursusgangers is vir hul eie vervoer, akkommodasie en kos verantwoordelik.

Plek moet vroegtydig bespreek word om teleurstelling te voorkom.

Navrae kan gerig word aan mee. Elize Engelbrecht of Lizelle Pretorius by 011 713 9147.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar