Baie om oor te worrie?.?.?.

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Die mense betoog op die N2, brand tyres en sing "anti"-liedjies.
Hulle is gatvol dat die regering nie vir hulle luister nie en so het hulle tot die besluit gekom dat hulle nie gaan stem in die volgende verkiesing nie.

Die regering gee nie vir die mense wat hulle wil hê nie, maar die regering gee inherent vir die mense iets wat hulle nié wil hê nie.
Cholera.

Die munisipaliteite in die Limpopo en sentrale Mpumalanga doen klaarblyklik absoluut niks nie en is tevrede daarmee om vir die mense in hulle wyk water te bied wat gekontamineer is met menslike ekskrement.

Dis beter om nie te stem nie.
Is dit regtig beter om nie te stem nie?

Snaaks hoe sulke goed werk, die mense in ons land wil nie stem nie, maar die ex-pats is flippin keen.
Dis vir my 'n snaakse storie. Ek neem aan as die ex-pats hulle sin kry, sal hulle terugtrek, of wat?
Dit behoort voor die hand liggend te wees watse verskil 'n vaardige president kan maak.

Obama kick ass en vat name. Hy is nie swart of wit nie, hy's groen!
Dit sal lekker wees as ons land se enigste worrie die omgewing was.
Dis nou finaal en al bewys dat die glaciers meer as dubbel so vinnig smelt as in die 90's.
En ons almal weet wat dit beteken.
Kieue.
Waterworld.

Wie sou gedink het die grootste flop in die geskiedenis van movies was actually nogal profeties?
Maar dit is nie ons enigste worrie nie. Ons sukkel nog om die basiese reg te kry.


En die polisie lyk of hulle 'n beter job doen na daai drugbust in Durban. Alhoewel verskillende mense verskillende weergawes van die hoeveelheid cocaine het, is dit nog steeds 'n moerse bust.
Om en by 250 kg sê hulle. Hoe de hel pas jy dit in 'n skipper se cabin in?

Terwyl die pote die druggies irriteer, is daar aanvalle op alle fronte. Volgens McAfee, 'n sekuriteits¬tegnologie-firma staan besighede wêreldwyd kans om 1 triljoen dollar te verloor aan data-diefstal.

Ek dink nie ons het 'n gespesialiseerde tegnologie-eenheid in ons polisiediens nie. Ek mag dalk verkeerd wees.
Eintlik behoort dit ons nog nie so hard te tref nie - meeste mense in ons land is nog nie eers internetvaardig nie.
Wat te sê van die proses genoeg vertrou om sensitiewe inligting soos kredietkaartnommers te deel? Ek wonder nou net of die agterste os regtig deesdae nog steeds die kraal haal? Al ons bets is op 2010, maar 'n drastiese verandering wag op ons in hierdie volgende verkiesing.

Goed of sleg hang seker maar van ons af.


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar