As ons tog net meer geluister het?...

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Leoni Brand

"Bla bla bla." Hoor jy die onderwyser bla voor in die klas. Ná 'n baie lang en lekker vakansie is jy tog nie lus vir Hitler, 'n kleurwiel of skeinat-formules nie, maar dan hoor jy iets ... Deur die gebla-bla kom daar tog iets sinvol uit en dit klink soos "Daar is 'n nuwe leerling in ons klas." Dadelik is al jou aandag by jou bla-bla-onderwyser.

Waar, wie, wanneer, hoe? maal die gedagtes deur jou kop. In 'n dorpie soos myne is dit al adrenalien-rush wat ons kry. En dan tref jou oog die skaam meisie wat saggies by die klas instap.
'n Paar meisies gluur haar aan, ander glimlag vir haar. Sommige seuns spring op en bied vir haar 'n sitplek aan. Die res van die gevrektes krap in hul neuse.

Pouse is die arme meisie die gewildste onderwerp. Die meisies kan dit natuurlik nie hanteer dat die seuns begin giggel as sy verby hulle stap nie. En almal gee hul eie snedige opmerking. Elke pouse sit sy alleen en later label mense haar as 'n loner. Die vraag aan jou is nou: "Sou jy daarvan gehou het as jy daai nuwe meisie was?"

Een oggend het ons juffrou vir ons 'n baie opreg-waardeerde Bybellessie gegee. In skole is daar so baie clicks en as jy nie reg lyk of dalk nie ryk is nie is jy niks, maar hoe kan ons dit sê as almal in hul klein wêreld leef en nie eens moeite doen om hulle buurman te leer ken nie. Aan die einde het sy gesê: "Gaan staan pouse by iemand wat jy dink is weird."

Almal het daarvan vergeet. En pouse was almal op hul normale sitplekkies. Daar was een verandering. Die nuwe meisie het nie meer onder die koelteboompies naby die hokkieveld gesit nie. Ook nie agter my in rekeningkundeklas nie en die volgende oggend het ons die skokkende nuus ontvang dat sy in 'n fratsongeluk saam met haar ouers was.

Die nuwe meisie was weg - vir ewig. En natuurlik was almal toe haar beste vriendin. As ons net meer geluister het vir ons bla-bla-onderwyser kon sy nog gelewe het. Dalk was sy nie perfek nie, maar sy was nie weird nie. Sy was 'n doodgewone tiener wat elke Sondag in die kerk was, wat 83% vir wiskunde gekry het en wat klere gedra het wat verlede jaar in die mode was, maar die nuwe meisie was een van die ongelooflikste kinders.

Sy het nie vriende nodig gehad nie want sy het haarself gehad.


 

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Wilmari
    30 months ago
    hallooo vriendin. Ek like baie die storie van jou,juis omdat dit so anders is as die gewone,dit laat mens dink en dit is die doel daarvan...dalk bietjie meer aandag aan die minder sigbare mense vestig. xxx
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar