Ape se streke

  • 2
    like dit
  • 0
    like dit nie

Die bekende(?) rokende sjimpansee, Charlie, van Bloemfontein is dood.

Ek weet wat julle dink. Hoe het hy begin rook?

Ek wonder dit self. Ná 'n stresvolle dag van die mure van sy ope-lugsel verf, het hy 'n sigaret nodig gehad. Toe vra hy die opsigter vir 'n sigaret.

Ek dink nie so nie. Maar waar kry hy dan die goed?

Ek is seker dit is onwettig om verslawende middels aan diere te gee. Immoreel om die minste te sê. Waar kry hy die sigarette vandaan?
Daar is nog iets waaroor ek wonder. Steek hy dit self aan?
Ek dink die mense wat vir hom die sigarette gevoer het, moet vervolg word. Hy is wel nie dood aan kanker of emfiseem nie, maar
ouderdom. So daar kan nie 'n vinger gewys word nie.
'n Redelik gemaklike uitspraak. Ek is seker daar word nie intensief na-doodse ondersoeke op dieretuindiere gedoen nie.

Ek dink eintlik dit is nogal siek. 'n Seer duim van 'n voorbeeld hoekom die konsep van dieretuine argaïes is.
"Gee vir die apie 'n sigaret."

Die afgelope paar jaar probeer gesondheidsfoendi's rokers soos melaatses uit die samelewing skuif. Nou smeer ons ons slegte gewoontes aan diere af.
Hulle moes sommer vir hom 'n bier ook gegee het terwyl hulle hom die dinge van die wêreld geleer het. Dan sou die aap nóg bekender gewees het!
En nou soek hulle vir die wyfie-sjimpansee 'n ander maat.
Gaan hulle hom ook in die verderf in lei met hul kankerstokkies?

So weird.
'n Mens kan eintlik bly wees hulle het nie vir hom alkohol ook ingegee nie.
Dit beïnvloed wesens op uiters vreemde maniere.

Twee naweke gelede was ek op Aardklop en die meerderheid van die feesgangers se gedrag was nie veel verskillend van die van 'n dronk aap nie.
Maar dit is nie net die gehoor wat partykeer te veel gebruik nie. Daar is duisende voorbeelde van mense in die kollig wat dit oordoen.
Kyk maar vir Mara op Idols.

Sy was duidelik gedisoriënteerd op vorige Sondag se Idols en sy het sommer die f-woord ook gebruik.
Op 'n Sondagaand! Sies, Mara!

Sy het nou wel jammer gesê, maar ek dink die skade is gedoen.
Ons almal sien nou deur Mara se masker van skyn-moederlike warmhartigheid.

So, daar is vir julle twee goeie voorbeelde van hoekom 'n mens nie moet rook en drink nie.

Jy gaan 'n rukkie lank cool lyk en voel, maar uiteraard gaan jy die een of ander tyd jou naam belaglik maak en van ouderdom in 'n hok doodgaan terwyl mense vir jou hande klap.

Dit is nou die vermaaklikheidsbedryf vir jou.

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Ek
    9 months ago
    Liewe Hunter Kennedy

    Dankie
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar