Angelina onthul geheime in nuwe boek

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Angelina Jolie. Foto: Reuters

Die rede hoekom Angelina Jolie so 'wild' is, is glo omdat haar ma haar as ‘n baba afgeskeep het, word in 'n nuwe outobiografie aangevoer.


Marcheline Bertrand, Jolie se ma, het haar eenjarige dogter in die sorg van twee werkers vir twee jaar gelos, het die boek onthul.


Bertrand was glo woedend dat Jolie se pa, die akteur Jon Voight, ‘n buite-egtelike verhouding gehad het. Sy het haar woede op Jolie uitgehaal, omdat dié glo op ‘n druppel soos hy gelyk het.


Hierdie bewerings word in Andrew Morton se autobiografie oor die 35-jarige Tomb Raider-ster gemaak wat hierdie week in Amerika gepubliseer word, berig Nuus24.

Sien ook:
Brangelina loop die troupaadjie
Brad is te wonderlik vir woorde, sê Jolie


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar