Al jou wapens teen lelike, wrede ‘zits'

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Leoni Brand

Clearasill, Clean and Clear, Garniër, Nivea, Young Solution . . . Klink dit dalk bekend?

Ja, dit is ons wapens teen lelike, wrede zits, swartkoppies, witkoppies of sommer net om 'n skoon vel te hê. Al die produkte wat op die mark is vir jou gesig, kan jou 'n fortuin per maand kos. Is dit regtig die moeite werd?

Puisies is een van die goed wat tieners se selfvertroue heeltemal kan knak. Wanneer jy met iemand praat en hulle hou aan staar vir die reuse zit wat tent opgeslaan het op jou wang, wil jy net in die grond wegsink vir ewig. Of wanneer jy op 'n belangrike date met 'n baie groot crush gaan en daar sit 'n puisie net bokant jou bo-lip is die kanse absoluut niks dat jy 'n nagsoentjie sal kry nie!

"Daar is net 'n bepaalde soort produk wat vir jou bepaalde soort vel kan werk." Dít is die raad van talle dermatoloë.
Tog handel elke tweede advertensie in tydskrifte of op televisie oor velprodukte. As jy elke liewe produk op die mark moet uittoets om jou regte een te vind, sal jy binnekort bankrot wees.

Daar is sommige mense wat reken jy kry puisies van te veel sjokolade of gemorskos eet. Of dalk te veel coke drink. Ander sê weer dis omdat jy 'n vetterige vel het, maar minder as 25% van die wêreld weet nie dat die eintlike rede dalk jou hormone is nie.

Ja . . .die man of vrou wat jou hart vinniger laat klop, as jy en jou vriendinne baklei, as jy 'n verkoue onder lede het of sommer net omdat jy groei - dit kan alles vir daardie nare uitgroeisels op jou voorkop sorg.
Die maklike raad is om jou velsoort te vind. Kies tussen sensitief, vetterig, droog of kombinasie-vel en koop dan 'n velproduk wat daarby pas. Diegene wat 'n baie groot velprobleem het, kan 'n dermatoloog of huisdokter gaan sien.
Dis ook belangrik om altyd room te gebruik wat jou vel teen die son beskerm, want niemand wil meer ongewenste sproete hê nie!

Miskien, nee hopelik, word puisies eendag 'n fashion statement en dan sal niemand jou skeef aankyk as jy met 'n papiersak oor jou kop loop in die mall nie.
Nog 'n voordeel is dat die arme vervaardigers van onderlaag dan nie meer hulle vingers stompies hoef te werk nie!


 

Gebruikers Kommentaar (1)

  • NAOMI
    25 months ago
    Soek dermotoloog in stellenbosch kan jul my help
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar