Adele staan sterk teen mededinging

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Adele. Foto: Reuters

Ten spyte van sewe nuwe albums wat vir die top-posisie op die Billboard Album-ranglys hierdie week meegeding het, is Adele steeds tops.

Die Britse sanger se "21" is reeds 'n jaar gelede vrygestel, maar het hierdie week vir die 18de agtereenvolgende week die topposisie op die Billboard 200-ranglys gekry.

Nuwe albums van Tim McGraw, Lamb of God, die American Idol-ster Kellie Pickler, die gospelster Kari Jobe en Seal, asook Drake en die 2012 Grammy Nominees-album kon nie vir Adele van haar troon afskop nie.

Adele het onlangs ook aangekondig dat sy by die Grammy's op 12 Februarie gaan optree. Dit is haar eerste optrede sedert sy 'n operasie aan haar stembande verlede jaar ondergaan het.


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar