395 lopies van 151 balle!

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie
Jurie Snyman van die Hoërskool Kempton Park in aksie met die kolf. Foto: verskaf

Die krieketseisoen vir skole het nog skaars momentum gekry, maar enkele spelers en spanne het reeds hul skole se rekordboeke met enorme tellings en individuele kolfprestasies herskryf.

Jurie Snyman van die Hoërskool Jeugland in Kempton Park se o.15 A-span het verlede Saterdag die een bouler na die ander laat les opsê toe sy span 'n ligawedstryd teen die Hoërskool Brandwag gespeel het.

Nadat Jurie 151 balle getrotseer het, het hy 'n totaal van 395 lopies gehad.

Jurie het in die proses die bal 66 keer oor die grens gemoker, waarvan 40 viere en 26 sesse was.

Die tweede paaltjie vennootskap tussen Jurie en Reder van Rooyen het 'n astronomiese 401 lopies opgelewer. Van Rooyen het self die honderdmerk verbygesteek en 144 lopies aangeteken.

Die Kempies het voorwaar 'n kolfoorlog teen hul teenstanders gevoer en uiteindelik 602 lopies vir 6 paaltjies op die telbord gekry.
Brandwag kon net 167 lopies opstapel. Dana Stols, Francois Pienaar en Wayne Visser was die Kempies se uitblinkers wat boulwerk betref.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar