Die ma van 'n 15-jarige selferkende seksverslaafde dagvaar vir die model Tyra Banks, die vervaardigers van haar kletsprogram en Warner Bros. nadat die meisie glo sonder haar ma se toestemming op die program oor haar verslawing gepraat het.
Beverly McClendon eis skadevergoeding van sowat $3 miljoen nadat haar dogter agter haar rug gegaan het en na New York gevlieg het om op "The Tyra Banks Show" te verskyn.
Die kletsprogram het glo einde verlede jaar 'n oop beroep gedoen opo8 seksverslaafdes om op die program te verskyn. Een van die seksverslaafdes wat besluit het om op die beroep te reageer, was Jewel Ciera Washington (15). Sy is toe deur die vervaardigers genooi vir 'n onderhoud op die program.
Sy het toe op die program, wat bemark is as 'n program wat 'n 15-jarige seksverslaafde insluit, verskyn. Sy is glo ook betaal vir haar verskyning.
Volgens Washington se ma is haar dogter in gevaar gestel omdat die program "verseker deur seksuele oortreders, perverte en pedofiele gekyk word". - Reuters
Sien ook:
JIP loer onder die lakens