Nasionale Skoolkoerantprojek
Die Nasionale Skoolkoerantprojek (NSP) is ’n slypskool vir toekomstige verslaggewers, fotograwe, uitgewers en mediareuse.
Met hierdie projek wil Media24 laer- en hoërskoolleerders leer hoe om berigte te skryf, foto’s te neem, koerante te bedryf, saam te stel, uit te lê en uiteindelik die lig te laat sien.
As deel van NSP bied ons ook jaarliks ’n Nasionale Skoolkoerantkompetisie aan. Daar is groot pryse op die spel! Om nie eers te praat van die gesogte titel nie.
Beide laer en hoërskole kan aan die kompetisie deelneem. Daar is ook verskeie kategorieë waarvoor u kan inskryf.
Laai al die inligting en inskrywingsvorm hier af:
Sien op die merkstate hoe punte toegeken gaan word in vanjaar se kompetisie.
Sien ook die terugvoer van verlede jaar se kompetisie.
Terugvoer 2009
Besoek ook ons NSP-blad op
Facebook of volg ons op
Twitter
Vir meer inligting oor die NSP-kursusse in u omgewing of die kompetisie, moet u nie huiwer om die NSP-koördineerder in u streek te kontak nie:
Volksblad: Sobeth Jordaan by sjordaan@volksblad.com, tel: 051 404 7722, faks: 051 430 6949
Die Burger: Rikus van Rooy by rikus.vanrooy@dieburger.com, tel: 021 406 3431, faks: 086 734 4270
Beeld: Elize Engelbrecht by eengelb1@beeld.com, tel: 011 713 9165, faks: 011 388 1268