Uit die pen van Alleen na Desember

  • 2
    like dit
  • 0
    like dit nie

Wie is hulle

Ons het in Junie 2009 begin. Ons was almal eers net vriende wat mekaar van gigs geken het.


Ons het bored geraak met die gewone rock scene en toe begin ons electro en dans stuff in on musiek in bring. Dit is baie fun live om dit uit te jam saam ons disco sounds.


Fun = Music...dis hoekom ons musiek maak.
Ons sal enige iemand aanraai om musiek te begin maak want dit is regtig awesome lekker. Veral om saam jou vriende te speel...


Ons is 4 dudes in die band, plus ons 5de member, ons electro synth pad, Chad Micheal Pads. Sonder hom sal daar geen huppel in ons stap wees nie.


Alleen na Desember, whoop whoop!!!




Waaroor gaan die lirieke van  ‘n S bly ‘n X



Lirieke, dis nie altyd dat daar gesê word wat daar bedoel word nie. Party mense maak iets van een liriek en 'n ander mens sal nou weer van dieselfde liriek heeltemal iets anders maak.


Verhoudings is maar 'n dodgy ding, mense jok en vat ander mense en ja, julle kry die vibe.


Die hele ding is, mense is te bang om vir jou die waarheid oor hulle vorige verhoudings te vertel en hulle dink as hulle jou gaan sê, gaan dit die groot einde wees....ooooooh!!!


'n S bly 'n X gaan oor dieselfde ding, oneerlikheid in verhoudings.


Meer spesifiek, as jy uitvind dat daardie spesiale persoon in jou lewe al die tyd nie was wie sy of hy gesê het hulle was nie...


Dis dan moeilik om uit jou kop te kry wat alles gebeur het voor jy in die prentjie gekom het...


Gebruikers Kommentaar (1)


  • 25 months ago
    Julle is awsum! Kani wag vi di cd => ouens happy xmase new year. Glo julle gani rockscene 2+(+ ani brand he! Chow chow :]
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar