The Soapgirls se borrel gaan vinnig bars

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

The Soapgirls


Xperience

Hulle is glo Suid-Afrika se "jongste popsensasie" - die twee susters Camille en Noemie, oorspronklik van Frankryk.

Geklee in lang, swart stewels, eina-rompies, karmosynrooi lipstiffie en krullerige, lang, blonde lokke lyk dit asof paaldanse pleks van popmusiek hul forté is.

Die 11 liedjies op dié Kaapse duo se debuut knetter van die supersexy en seepgladde produksieleiding. Maar agter die wêreldklas-klank is daar bitter min oorspronklikheid.

'n Liedjie soos Hurricane klink baie na 'n spesifieke Lady Gaga-treffer, met ander lirieke.
Die oorbekende deuntjies wat hulle hier as iets nuuts probeer verkoop, maak dat die enigste seepborrel binne 'n paar minute bars.

A nee a, afkyk maak van hierdie nuwelinge kartonagtige koekiedrukkers.


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar