'The Darkest Hour' is flou sci-fi-poging

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Natalie en Anne se vakansie in Moskou het so goed begin?.?.?.?totdat die aliens geland het.

The Darkest Hour
Met Emile Hirsch, Olivia Thirlby, Max Minghella en Rachael Taylor.


Vir iemand wat mal is oor sci-fi-boeke, is die teleurstelling erg wanneer 'n sci-fi-fliek nie daarin slaag om die verbeelding aan te gryp en die wêreld soos ons dit ken, omver te werp nie.

Die teleurstelling verdiep verder wanneer die konsep van die storie goed is, maar die draaiboek, regie, vervaardiging en toneelspel nie daarby kan kers vashou nie.

Uiteindelik, soos met The Darkest Hour, het jy 'n paar uur van jou lewe gemors, en nee, anders as in sommige sci-fi-flieks gaan jy dié tyd nie terugkry nie.

In The Darkest Hour begin die storielyn heel belowend: 'n Paar jong Amerikaners is in 'n nagklub in Moskou wanneer die kragtoevoer onverwags uitsny.
Om die een of ander onverklaarbare rede storm die hele spul na buite, waar hulle vasgenael staan voor duisende oranje-geel "wolkies" wat oor die aarde val.
Een mens merk op hoe pragtig dit lyk, maar daai gedagte verdwyn vinnig wanneer 'n polisieman wat ondersoek instel, na as gereduseer word toe hy aan die wolkie raak.
Boonop is die wolkies nou onsigbaar en dis 'n chaotiese geskarrel om weg te kom van wat sekerlik aliens is. Ons jong hoofkarakters oorleef dié aanval en nadat hulle 'n paar dae ondergronds wegkruip, besluit hulle om hul kanse te waag en nog oorlewendes te soek.
Natuurlik word hulle een vir een afgemaai. . .

Dat die fliek in 3D is, beteken min na niks.

Wat die toneelspel betref: Dit is middelmatig tot flou. Ek kan amper nie glo Emile Hirsch van die uitstekende fliek Into The Wild maak hier sy verskyning nie.
Werk moet baie skaars wees in Hollywood...

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar